.

Maak gereed, die Covid-19-pandemie kan jou sak ruk

akkreditasie

Vandeesweek is die derde week ná Suid-Afrika se eerste amptelike Covid-19-geval.

Tussen al die onsekerheid, of liewer as gevolg daarvan, het markte gestrui­kel, winkelrakke is leeggedra en vele klein ondernemings moes plan maak om hul deure oop te hou.

Indien jou beursie dalk nie deur die ekstra aankope van reinigingsmiddels en blikkieskos geraak is nie, is die onse­kerheid van meeste Weskussers se inkomste beslis ’n probleem.

In meeste gevalle moes werkers hoor “no work – no pay”.

Geld-ghoeroes sê daar is wel ’n paar praktiese stappe wat ons kan neem.. Praat met jou werkgewer: Teen hierdie tyd moes werkgewers al ’n aksieplan bewerkstellig het. Werkers in die gasvryheidsbedryf kan moontlik minder lone verwag omdat daar minder werksure is. Kantoor­werkers moet weet of hulle van die huis af kan werk en sodoende steeds hul salaris verdien. Indien jy ’n huiswerker is, sal jou werkgewer dit oorweeg om steeds jou loon te betaal al kom jy nie in nie?. Stel ’n noodbegroting op om te weet hoeveel rande jy sal verdien as jy minder ure moet werk en nou dat daar ’n staat van algehele inperking is. Dit is belangrik om te weet indien jou loon of salaris op enige manier gesny sou word hoeveel jy sal nodig hê om deur die week te kom.

Werkers wat nou tuis werk, moet ook in ag neem hul elektrisiteit-, telefoon- en internetrekeninge sal vandeesmaand hoër wees – werk dit by jou begroting in.. Praat met jou bank en verhuurder. Dalk besluit jou verhuurder om vandeesmaand se huur te verminder of stel die betaling met ’n week of twee uit.

Plaaslike banke het Suid-Afrikaners aangemoedig om met hulle te praat oor huisverbande en skuld. Reëlings vir verligting kan moontlik getref word.. Moenie dink jy kan eenvoudig jou skuld en rekeninge ignoreer nie.

Voor jy besluit om jou skuld en maandelikse rekeninge uit jou noodbegroting te sny, tref eers reëlings met jou skuldeisers. Agterstallige skuld kan ’n swak krediettelling en selfs regstappe beteken.

Wees liewer proaktief met alles van jou motorpaaiement tot jou munisipale rekening.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.53
+1.2%
Rand - Pond
20.06
+0.7%
Rand - Euro
16.90
+1.0%
Rand - Aus dollar
10.87
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,769.80
+0.2%
Silwer
23.69
+2.1%
Palladium
2,102.50
+3.9%
Platinum
1,043.68
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,190
-0.1%
Alle aandele
66,776
-0.0%
Hulpbronne 10
63,288
-0.5%
Industriële 25
84,981
+0.6%
Finansiële 15
14,022
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos