.
Deel

Van denkbeeldig tot ware jakob

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nélene Stander is ’n gr. 3-onderwyseres by Pomario Privaatskool in Citrusdal.
Nélene Stander is ’n gr. 3-onderwyseres by Pomario Privaatskool in Citrusdal.

Nélene Stander het haarself afgevra watter werk sy elke dag sal kan doen en waar, ongeag hoe moeilik die dag was, sy steeds sal uitsien om môre weer terug te gaan?

Onderwys was die enigste antwoord.

Sy is tans sewe jaar in die beroep, waar sy die afgelope twee gr. 3-onderrig by Pomario Privaatskool gee.

Stander onthou dat sy as kind haar onderwysers aan die einde van die dag vir hul werkkaarte gevra het sodat sy by die huis die dag se werk vir haar denkbeeldige klassie kon aanbied.

“Later in my lewe, toe ek op ’n studierigting moes besluit, het my ma aan my uitgewys dat ek elke keer as ek oor onderwys praat, ’n aansteeklike opgewondenheid gehad het.” Dus het sy in die onderwys ingevaar.

Stander het vir die graad B Ed in die grondslagfase aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom studeer.

Dié jong onderwyseres was en is nog altyd lief vir leer. “Mense het gedink ek is baie vreemd, maar eksamentye was nie vir my sleg nie. Ek het my graad in 2016 cum laudevoltooi en is baie dankbaar dat my ma my die geleentheid gegun het om te kon studeer en my droom te kon bewaarheid,” vertel sy.

Stander het ook onlangs deel van die skool se bemarkingspan geword en geniet dit om met die groep kreatiewe mense te werk.

Die lekkerste gedeelte van haar werk is egter die kinders, met wie sy elke dag werk. “Wat ek kan uitsonder, is dat dit vir my ’n voorreg is om met kinders te werk wat nog ontwikkel. Jou inspraak in hul lewe vorm deel van hul idee oor baie dinge in die lewe. Die frase “my brein is ’n spons” word gereeld in my klas gebruik sodat die leerders en ek onsself daaraan herinner dat ons ’n groot verantwoordelikheid het oor alles wat ons by ons ore, gedagtes en hart inlaat.”

Vir dié wat onderwys wil gaan studeer, meen Stander min dinge is so lonend as die liggie wat aangaan in ’n kind se oë wanneer hulle verstaan en kan toepas wat jy hulle geleer het.

“Nie net akademies nie, maar oor die lewe en oor hulself.”

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Cameroon (w) 58/10
Nigeria (w) 60/3
Rand - Dollar
18.20
+0.6%
Rand - Pond
22.42
+0.4%
Rand - Euro
19.70
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.15
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
964.80
-0.3%
Palladium
1,404.73
-0.1%
Goud
1,956.85
+0.0%
Silwer
23.04
-0.2%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,363
+0.8%
Alle aandele
75,952
+0.9%
Hulpbronne 10
66,081
+1.8%
Industriële 25
102,444
+0.3%
Finansiële 15
15,619
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos