.

Akademie leer oor rugby

akkreditasie

Twee van die Weskus se rugbyspelers het kragte saamgesnoer om seker te maak die volgende generasie rugbyspelers kry ’n voorsprong.

Ryno Benjamin is aan die stuur van die Benji Rugby-akademie en hy en sy span bied nou rugbyklinieke aan om skoolgaande kinders “van die strate af te hou”.

Volgens Benjamin, voormalige Cheetah, het hy die idee vir die akademie gekry toe hy destyds in Japan rugby gespeel het. “Ek het begin dink aan ’n manier om ’n verskil in my gemeenskap te maak. Hoe kan ek help om geleenthede vir dié kinders te skep wat nie noodwendig die geld het om by die WP Rugby-akademie of private rugbyklinieke aan te sluit nie?” verduidelik hy.

Die Benji Rugby-akademie is toe saam met Alfredo Barends en Liam Mahoney begin.

“Ons slagspreuk is ‘Keeping the dream alive’ en dit is waarna ons streef. Ons wil graag die volgende Ryno Benjamin’s help deur hul talente te identifiseer, hulle dissipline te leer en ook ’n paar lewensvaardighede bied,” sê Barends.

Met die hulp van Pioneer Fishing het die Benji Akademie Saterdag sy eerste kliniek in Steenberg’s Cove aangebied. Hier het leerders van Steenberg’s Cove Primêr oefening onder leiding van die Benji-span geniet.

“Ek dink die kinders is uitgehonger vir sport. Hulle het dit só geniet om weer ’n bal vas te hou en rond te hardloop, veral nou met Covid-19 wat sportgeleenthede bemoeilik,” meen Barends.

Benjamin sê baie Weskus-kinders word aan sosiale euwels soos dwelmmisbruik en mishandeling blootgestel en rugby bied ’n beter toekoms vir hulle om uit dié omstandighede te kom. Barends voeg by hy hoop die “ongeslypte diamante” van die akademie word uiteindelik ambassadeurs vir die streek. Hulle meen dit is ook waarom die lewensvaardighede wat hulle die spelers leer en nie net die fisieke vaardighede, só belangrik is.

Vennootskappe soos dié met besighede bied dus ’n wen-wen situasie vir almal betrokke, meen Mahoney. “Dit is met ondersteuning soos die van Pioneer Fishing dat ons die kinders kan besig hou. Besighede help om gemeenskappe op te hef deur hul borgskap,” verduidelik hy.

Die akademie het ook ’n plaatstoof en gaspot aan die skool geskenk. Benewens die naweek se kliniek sal die Benji Akademie nog drie sessies saam met Pioneer Fishing aanbied.

Die hoop is om uiteindelik sessies in elke dorp te hou, sê Benjamin.

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 0/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 0
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.2%
Rand - Pond
20.05
+0.3%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.53
+0.5%
Silwer
23.90
+0.9%
Palladium
2,098.00
+0.0%
Platinum
1,045.50
+0.2%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.5%
Alle aandele
66,727
-0.5%
Hulpbronne 10
62,801
-1.5%
Industriële 25
85,132
+0.2%
Finansiële 15
14,131
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos