.

Dubbele rekord opgestel

akkreditasie

Die 60ste Bergrivier-kanomarathon het dalk ’n jaar laat begin, maar Andy en Nikki Birkett het net die regte tyd oor die wenstreep geroei.

Die wedvaart is verlede jaar weens die Covid-19-pandemie afgestel, maar danksy streng veiligheidsmaatreëls het talle roeiers Donderdag (5 Augustus) die vier dae lange tog uit die Paarl aangedurf.

Andy het die tweede skof met ’n voorsprong van 2 minute gewen – dit terwyl die voormalige Berg-wenner Hank McGregor moeilikheid met ’n boom-blokkade gehad het.

Ná drie dae van mooi weer het die laaste dag van die wedvaart koue weer gebring en die laaste 60 km na Velddrif was ’n nog groter uitdaging vir die roeiers.

McGregor het die laaste skof gewen, wat sy derde skofoorwinning van die byeenkoms was. Dit was egter Andy wat die wedvaart gewen en sy tweede Bergrivier-titel in Velddrif verower het.

“Dit was so ’n moeilike wedvaart. Om teen Hank en Hamish (Lovemore) te roei, was baie moeilik. Hank probeer altyd om jou die loef af te steek, maar wat ek baie geniet van hierdie ouens, is dat die mededinging moeilik, maar altyd baie regverdig is,” het Birkett gesê.

Hy het sy eerste Bergrivier-kanomarathon in 2014 gewen.

McGregor het uiteindelik tweede gekom met Lovemore, wat die derde plek ingeneem het.

Die vrouewedvaart het groot opwinding opgelewer.

Uiteindelik het Nikki ’n bykomende 6 km by haar roete gevoeg nadat sy ’n groep roeiers gevolg het wat terug na Oordraplek geroei het. Sy is deur Jordan Peek (tweede) en Bianca Beavitt (derde) verbygesteek, wat ook dieselfde fout begaan het.

Nikki het egter haar fout agtergekom en die wind en weer trotseer om weer in die eerste plek te kom. Sy is by die wenstreep deur haar opgewonde man ontmoet.

“Dit was aaklig en ek was baie moedeloos. Toe ek egter ’n bietjie sap kon drink en iets eet, het ek deurgedruk. Ek het nie eintlik geweet waar die ander twee vroue was nie, en dit was nogal verwarrend. Ek is so verlig dat dit uitgewerk het, want ons het so hard hiervoor gewerk,” het sy gesê.

Saam het die Birketts die eerste paartjie geword wat saam die Bergrivier-kanomarathon gewen het.

Die wedvaart het egter nie net oor die wenners gegaan nie. Giel van Deventer het later die middag geskiedenis gemaak toe hy ’n rekord opgestel het deur sy 50ste Berg-medalje te wen.

“Dit was ’n lang pad om by 50 medaljes uit te kom,” het ’n emosionele Van Deventer verduidelik.

Van Deventer het die wedvaart saam met die veteraan-roeier Jannie Malherbe (82), wat op sy beurt sy 48ste Berg voltooi het, voltooi.

Algehele wenners1. Andy Birkett 4:29:55 17:27:242. Hank McGregor 4:29:54 17:29:303. Hamish Lovemore 4:30:22 17:40:054. Graeme Solomon 4:32:3418:00:595. Wayne Jacobs 4:39:59 18:06:596. Alex Masina 4:32:28 18:17:067. Paul Marais 4:46:27 18:21:288. Jasper Mocké 4:32:31 18:23:599. Anders Hart 4:46:25 18:39:5010. Heinrich Schloms 4:41:09 18:43:20

Vroue1. Nikki Birkett 5:36:21 20:40:542. Jordan Peek 5:45:05 20:56:383. Bianca Beavitt 5:41:05 21:23:454. Tracey Oellerman 5:57:57 21:43:575. Robyn Henderson 5:48:24 22:09:46

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 42/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 28/3
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.4%
Rand - Euro
16.92
+0.2%
Rand - Aus dollar
10.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,778.41
+0.5%
Silwer
23.92
+1.0%
Palladium
2,098.50
-0.9%
Platinum
1,046.51
+0.3%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.4%
Alle aandele
66,727
-0.4%
Hulpbronne 10
62,801
-1.4%
Industriële 25
85,132
+0.3%
Finansiële 15
14,131
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos