.

Pasop! Jy word dalk met skattings besteel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Besef jy as verbruiker dat die munisipaliteit heel waarskynlik ook onregmatig geld van jou vat?

Ja, die munisipaliteit steel van jou – sonder dat jy daarvan bewus is! Want wie gaan maandeliks die watermeter-lesing na?

Dit is die geval onderwyl verbruikers in Saldanhabaai reeds gebuk gaan onder hoë water- en elektrisiteitstariewe, talle heffings en hoë belasting, om nie eens te praat van al die verkwisting nie, soos die politieke aanstellings in die burgemeester kantoor wat jou maandeliks meer as R150 000 uit die sak jaag!

’n Tagtigjarige pensioentrekker het my Woensdag 4 Augustus genader omdat hy vermoed sy huis het ’n waterlek. Met my besoek merk ek volgens vorige munisipale rekenings sy maksimum munisipale waterverbruik per maand is 2,0 kiloliter. As deernis-huishouding betaal hy dus nóóit vir waterverbruik nie aangesien dit gedek word deur die subsidie wat munisipaliteite van die nasionale regering vir dié doel ontvang.

Die munisipale rekening gedateer 25 Julie 2021 toon egter ’n verbruik van 7 kiloliter. Volgens dié faktuur was die vorige meterlesing 00062 met die nuwe lesing 00069 en dui die “Reading Date” aan as 9 Julie 2021. Iets was gewis nie pluis nie.

’n Ondersoek by die watermeter toon ’n lesing van 00066. Op 9 Julie was die lesing 69, maar op 4 Augustus 66? Dit was vir my duidelik geen water lek nie, maar die lesing is geskat.

Die probleem is egter dat hierdie geskatte lesing van 00069 toe meebring dat dié verbruiker sy gratis 6kl water met 1kl oorskry. Volgens die glyskaal plaas dit dié 1kl water toe in die 7-20kl-kategorie waarvoor die verbruiker R14,90 (sonder BTW) moet opdok – water wat hy nie gebruik het nie.

Vir jou kan R14 onbenullig klink, terwyl dit vir ander verbruikers die verskil is tussen eet en honger ly. Dis ontstellend om te weet dat die DA-raad met sy skattingsbeleid selfs behoeftige senior burgers van hul karige Sassa-inkomste beroof. Daarom moet middelklas-verbruikers wat méér water verbruik, ook meer op hul hoede wees.

Ek kon dié inwoner se rekening laat regstel, maar daar is waarskynlik honderde ander wat hulle onwetend in dieselfde posisie bevind. 100 sulke “diefstalletjies” en die Raad maak R1 700 skoon wins!

Verbruikers moet bedag wees op die raad se slinksheid en gereeld die watermeter nagaan wanneer ‘n munisipale rekening ontvang word.

As bewys is afskrifte aan Weslander voorgelê.. Dit in ag genome, daag ek ook die Saldanhabaai-munisipaliteit uit om bekend te maak wat die aankoopkoste, verspreidingskoste en wins is wat die raad tans uit elektrisiteit maak. Het hy al ’n kostestudie gedoen (soos deur Nersa voorgeskryf) of word elektrisiteitspryse maar lukraak verhoog? Waarom word onwettige verbindings in byvoorbeeld Middelpos nie verwyder nie? Dít jaag eerlike verbruikers se tariewe onnodig op.

En waarom word die kredietbeheerbeleid nie konsekwent deur die DA-raad toegepas nie? Alle verbruikers kry tans finansieel swaar, nie net sekeres nie!

Inus Bester,
Oud-burgemeester en speaker, Saldanhabaai-munisipaliteit
besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 139/3
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 127/4
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.2%
Rand - Pond
20.05
+0.4%
Rand - Euro
16.92
+0.2%
Rand - Aus dollar
10.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,780.40
+0.6%
Silwer
23.96
+1.3%
Palladium
2,079.57
-1.1%
Platinum
1,043.47
+0.1%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.4%
Alle aandele
66,727
-0.4%
Hulpbronne 10
62,801
-1.2%
Industriële 25
85,132
+0.3%
Finansiële 15
14,131
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos