.

Wat gaan van redders word?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die meeste van ons probeer om elke dag ’n positiewe invloed op die samelewing te hê.

Vir sommige Weskussers beteken dit om onderrig aan leerders te gee of deur vennootskappe saam te snoer, maar vir andere is dit hul werk om die breër publiek te beskerm.

Beamptes wat as noodpersoneel werk, sit gereeld hul eie lewe in gevaar om ons te help. Sommige beamptes bestry brande, party kry hulp om kwaaddoeners vas te vat en ander kere is dit paramedici wat opdaag om in tye van nood te help. Hierdie beamptes probeer daagliks om ons in van die moeilikste en vreesaanjaende situasies by te staan, en daarom is dit walglik om te hoor hoe ’n nooddiens-beampte aangeval is terwyl hy sy werk gedoen het.

Dit gebeur te gereeld dat ons dinge vanselfsprekend neem dat beamptes soos hierdie altyd daar sal wees om ons tydens ’n ongeluk of ander noodgeval by te staan, omdat hierdie diens ons “toekom”.

Dit is egter nie die geval nie. Daardie beamptes het gesinne, vriende en families net soos die res van ons. Kan enigeen hulle kwalik neem as hulle sou besluit om weg te stap van ’n werk waar hulle aangeval of beseer word?

Hierdie beamptes sit daagliks hul veiligheid op die spel om die gemeenskap te help. Die minste wat ons kan doen, is om hulle te respekteer en te help beskerm wanneer hulle ’n kosbare diens lewer.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos