.

Los maar leerlinglisensie-skryf en dronk-lappop-rylesse vir die jonges

akkreditasie

Ek het pas iets vir die heel laaste keer in my lewe gedoen – hopelik.

Toe besef ek sommer ook party dinge moet maar liefs aan die jonger geslag oorgelaat word.

Nee, dis nie bungee jumping nie, ook nie disco tot watter tyd van die nag nie, en nog minder die foofy slide naby Villiersdorp.

Nee, dames en here, ek het vir oulaas byna op my oudag die gewraakte K53-toets vir ’n leerlinglisensie gaan skryf.

Dis darem nie dat ek nie kan bestuur nie – nee, dié doen ek al die afgelope 40 jaar of so. My rybewys is ook nie ingevolge Aarto ingetrek nie, nee. Dit is ook nie omdat ek van a journey of tortuous inconvenience hou, soos AA Gill in sy heerlike boek Here and There skryf nie.

Ek het al van jongs af min of meer ’n obsessie met die wiel.

En enigiets met ’n wiel daaraan vasgeheg.

En ek wou nog altyd weet ek kan ’n Pantechnican of ’n Amerikaanse Peterbilt bestuur – om soveel brute krag in my hande te hê, net omdat ek kan. Maar deesdae gaan dit meer oor ’n motorhome waarvoor ek ’n kode 14-lisensie (deesdae kode EC) moet hê.

Ewenwel, by die toetsstasie aangekom wil die personeel eers te kenne gee ek staan in die verkeerde ry.

“Sorry sir, this line is for the test for a learner’s license,” moes ek hoor. Genugtig, lyk ek dan al só oud? “Yes, that’s me,” seg ek.

Weet die man dan nie “age is just a number” nie?

En toe die toets self. Na my mening is die vrae dubbelsinnig om mee te begin. Dis ’n monkey puzzle met drie moontlike antwoorde. Al drie kan reg wees, maar jy moet die een kies wat die meeste reg is.

Of dalk is al drie verkeerd, of net een is reg. Dit maak jou kop so deurmekaar soos ’n papaja in ’n wasmasjien.

Toe hoor ons skielik daar is nog net 10 minute oor, en ek sien ek het nog so 15 vrae om deur te worstel-raai. En ek jaag. My hande bewe glad; ek wil tog nie die mislike toets herhaal nie. Om alles te vererger staan ’n ander kandidaat by die toetsbeampte se lessenaar en al wat ek hoor is “sorry, please make another appointment”, en ek weet wat dít beteken.

Maar daardie dag was die hemele my genadig en ek skuur deur en kry my leerlinglisensie.

Ek vat hom en laat hom mooi lamineer, en kyk die hele naweek daarna waar ek dit langs die stoof staangemaak het.

Nou vir die rylesse. Elke keer as jy stilhou – handrem op, handrem af. Ons het nooit geleer om só te bestuur nie, seg ek. En g’n mens bestuur so nie, seg ek weer vir die instrukteur.

“Sorry, rules are rules.”

En ’n mens moet jou kop swaai soos ’n dronk lappop: mirror, blind spot, mirror, blind spot, tot vervelens toe.

En jy trap nie die lorrie se rem om spoed te verminder nie.

“Take your foot off the brake, please brotha!”

Ja, ek sal moet, anders sien ek nooit die ander kant van hierdie berg nie!

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 173/1
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 0
England 147/10
besig om te laai... Regstreeks
Stellenbosch FC 0
SuperSport United 0
besig om te laai... Regstreeks
Sekhukhune United FC 0
Marumo Gallants FC 0
besig om te laai... Regstreeks
Mamelodi Sundowns 2
Royal AM 0
besig om te laai... Regstreeks
Mamelodi Sundowns 2
Royal AM 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.80
+0.3%
Rand - Pond
20.85
+0.6%
Rand - Euro
17.86
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.28
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Goud
1,780.64
-0.2%
Silwer
22.36
-0.7%
Palladium
1,848.36
-0.3%
Platinum
954.50
-0.3%
Brent-ruolie
75.44
+3.2%
Top-40
66,010
-0.8%
Alle aandele
72,427
-0.7%
Hulpbronne 10
68,581
-2.2%
Industriële 25
95,824
-0.2%
Finansiële 15
14,318
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos