.

Moenie vergeet om te kom lag

akkreditasie

Weskussers kan hulself gereed maak vir twee aande van lag en skater. Die komediant Shimmy Isaacs bring haar skerpskertskomedie-vertoning Moenie!! uiteindelik Weskus toe.

Die komedievertoning word by Die Koelkamers in Paternoster aangebied.

Isaacs deel graag dat die naam van haar vertoning Moenie!! verskeie betekenisse kan hê.

Dit hang alles af van die toon, atmosfeer en hoe die woord gelewer word. Sy toon hierdie uitdrukking en woordspeling aan bruin mense en hul kultuur, haar kultuur.

Die vertoning gee ons meer insig in Isaacs se lewe en haar ervarings en sal jou laat lag dat die biesies bewe.

Isaacs was dadelik aan boord toe sy die uitnodiging van Die Koelkamers ontvang.

“Ek is reg vir die Weskus en ek dink die Weskus is reg vir my,” vertel Isaacs.

Sy vertel voorts dit was op vyfjarige ouderdom dat sy presies geweet het wat sy met haar lewe wil doen en dat die vermaakbedryf haar wêreld gaan word.

Mettertyd het sy haar honneursgraad by die filmskool AFDA verwerf en nog ondervinding en opleiding ontvang.

Komedie het haar later gevind en ná haar eerste optrede het sy besef sy het die vermoë om haar eie kreatiewe narratief te skep.

In haar werk as komediant en akteur was Isaacs al op verskeie verhoë en het sy ook al haar verskyning op televisie gemaak.

Isaacs wil deur skerpskertsery ’n rolmodel vir ander wees.

“Hierdie medium is deur God aan my gegee en ek kan my werk as kunstenaar vir goeie dinge gebruik.

“Met alles wat in die wêreld aangaan, het my verantwoordelikheid as kunstenaar groter word.”

Isaacs moedig almal aan om die komedievertoning Moenie!! te kom geniet en haar in lewende lywe op die verhoog te sien. Moenie dit misloop nie.

Die vertoning het ’n ouderdomsbeperking van 16 jaar.

Standaard-kaartjies kos R160 en premium-kaartjies kos R220.

Die vertoning begin om 18:00.

Besoek www.diekoelkamers.co.za om plek te bespreek.

besig om te laai... Regstreeks
Namibia 0
Netherlands 20/0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 14/1
Warriors 127/9
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.55
+0.3%
Rand - Pond
20.05
+0.5%
Rand - Euro
16.92
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.90
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.3%
Goud
1,778.34
+0.5%
Silwer
23.93
+1.1%
Palladium
2,099.88
-0.2%
Platinum
1,046.51
+0.3%
Brent-ruolie
85.08
+0.9%
Top-40
60,160
-0.4%
Alle aandele
66,727
-0.4%
Hulpbronne 10
62,801
-1.5%
Industriële 25
85,132
+0.3%
Finansiële 15
14,131
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos