.
Deel

Gesteelde bakkie gou gekry

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Lede van ’n plaaslike veiligheidsmaatskappy, verkeersbeamptes en inwoners het kragte saamgespan en daarin geslaag om ’n bekende spysenieringsbesigheid se gesteelde bakkie binne minute terug te kry.

Mahdie’s Catering in Hoogstraat is ’n bekende onderneming wat deur Zeenat van der Merwe en haar moeder besit en bedryf word.

Zeenat se man, Lyle, het haar Sondagmiddag (5 Maart) omstreeks 17:40 paniekbevange gebel en vertel sy Ford-bakkie is voor die winkel in Hoogstraat gesteel.

“Een van ons werknemers, Sumarie Jacobs, het dadelik die paniekknoppie gedruk en LTS-veiligheid het my gebel. Ek het geskree en gesê ons bakkie is gesteel. Ek het gesê dit is ’n Ford Ranger en het die registrasienommer gegee. LTS het my kalm gehou en almal laat weet om uit te kyk,” vertel Zeenat aan Standard.

Sy sê beamptes van LTS het binne enkele minute by hulle aangekom en ingelig hulle het die bakkie op kringtelevisiekameras in die dorp opgespoor.

“Verkeersbeamptes is toe daarvan in kennis gestel en alle uitgange van die dorp is dadelik gemonitor. Sowat 15 minute later het Curt Loff van LTS ons laat weet die bakkie moet beslis nog in die dorp wees. Intussen – terwyl LTS die situasie gemonitor en ons bygestaan het – het ons buurvrou, Juhlna Hendrick, ’n kennisgewing oor die diefstal op ’n plaaslike WhatsApp-groep gedeel. Ons het toe in spanning gewag,” voeg Zeenat by.

Die bakkie het ook ’n kragopwekker agterop gehad, wat die span daardie nag vir hul werksaamhede moes gebruik.

’n Paar minute ná Juhlna se plasing het ’n verkeersbeampte, wat nie aan diens was nie, van die situasie te hore gekom en dadelik kontak gemaak en laat weet ’n bakkie met dieselfde beskrywing is besig om ’n kragopwekker by ’n onderneming in Roodewal af te laai.

“Almal betrokke is daarheen en die kragopwekker en bakkie is binne 30 minute ná die oproep daar opgespoor.

“Niemand weet eintlik wie die man is of hoe hy lyk nie, maar die bakkie is so vinnig deur en danksy almal se hulp opgespoor.

“Ons is dankbaar vir Marco Arries van die verkeersdepartement, wat nie eens aan diens was nie, en so groot bydrae gelewer het.”

Zeenat sê hoewel hulle baie dankbaar is vir almal se hulp en verlig is om die bakkie terug te kry, is hulle nou meer as ooit van tevore op hul hoede. “Ons is beslis besig om ons veiligheid te verskerp en planne te maak om meer waaksaam te wees. Dit is hartseer om te dink soveel mense wil eintlik net vat en steel, net kwaad wil doen en onmin veroorsaak.”

Sy sê sy is dankbaar vir LTS, maar sy wil ook die volgende mense en instansies uitsonder: Sumarie Jacobs, Curt Loff, Marco Arries, Juhlna Hendrick, Walleeh Moosa, die verkeersdepartement, die plaaslike polisie en lede van die gemeenskap.

Die plaaslike polisie het wel bevestig dat ’n saak van motordiefstal ondersoek word en dat die voertuig vir eers nog deur forensiese deskundiges ondersoek word.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 0
West Indies 179/8
Rand - Dollar
18.17
+0.8%
Rand - Pond
22.43
+0.3%
Rand - Euro
19.69
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
966.47
-0.1%
Palladium
1,419.52
+1.0%
Goud
1,969.90
+0.7%
Silwer
23.29
+0.9%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,445
+1.0%
Alle aandele
76,047
+1.0%
Hulpbronne 10
66,460
+2.4%
Industriële 25
102,327
+0.1%
Finansiële 15
15,628
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos