.

Kibbutz El Shamma glimlag weer omdat ligte brand

akkreditasie
Die Kibbutz El Shammah se ligte brand weer danksy 'n nuwe meter vir voorafbetaalde elektrisiteit. Die bestuur en personeel van die sentrum is Denzil van Rooi, Nicolene Jonkers, Nicolene Damons, Salomie Arendse en Lance Damons.             Foto: Dominique Jeftha
Die Kibbutz El Shammah se ligte brand weer danksy 'n nuwe meter vir voorafbetaalde elektrisiteit. Die bestuur en personeel van die sentrum is Denzil van Rooi, Nicolene Jonkers, Nicolene Damons, Salomie Arendse en Lance Damons. Foto: Dominique Jeftha

Ná sowat twee jaar se donker brand die ligte weer by die Kibbutz El Shamma.

Nicolene Damons, ’n bestuurslid van die Kibbutz, sê hulle is dankbaar dat die ligte by die Kibbutz weer brand. Sy sê die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) het voor die Paasnaweek ’n meter vir voorafbetaalde elektrisiteit by die sentrum geïnstalleer.

“Hulle het op 12 April gekom om die elektrisiteitsmeter te kom installeer sodat ons weer kan krag hê,” sê sy.

Damons sê die BVM het in April 2020, ten tye van die Covid-19-pandemie, die kragtoevoer afgesny weens die sentrum se hoë agterstallige elektrisiteits­rekening.

“Die munisipaliteit het die toevoer kom sny omdat ons nie die rekening kon betaal nie.”

Damons sê in daardie tyd het hulle steeds kos aan mense en kinders voorsien. Sy sê baie mense van Roodewal is van die Kibbutz afhanklik.

“Ons sien dienslewering as deel van mense se menswaardigheid en dit was moeilik om vir die mense daar te wees toe die elektrisiteit af was, maar noudat die krag weer aan is, kan ons weer voortgaan,” sê Damons.

Sy sê die ooreenkoms was dat die sentrum na ’n voorafbetaalde meter moet oorskakel dan sal die agterstallige rekening afgeskryf word. Sy sê sy weet nie of die skuld nou afgeskryf is nie, maar sal weet sodra hulle begin elektrisiteit koop.

Die Kibbutz bied drama, dans en sang aan vir die kinders van Roodewal en dien ook as ’n dagsorgsentrum. Damons sê die druk op die sentrum is geweldig om seker te maak die kinders het positiewe rolmodelle.

“Die kinders het begin mismoedig raak omdat daar ’n tekort aan elektrisiteit was omdat van die kinders die sentrum as ’n toevlug sien wanneer hulle uit ’n huis kom wat soms nie na wense is nie. Dit was die moeilikste, want hulle kom by die sentrum en dan sien hulle die krag is hier ook af,” sê sy.

Navraag is aan die BVM gestuur en sal gepubliseer word sodra dit ontvang word.. Werklose jongmense kan nou ook by die Atvance Academy, wat op die sentrum se terrein aangebied word, aansluit. Diegene tussen die ouderdom van 18 en 27 kan deur die week na die sentrum gaan met hul ID en bewys van hul hoogste kwalifikasie.

Die kursusse is gratis, sê Damons.

besig om te laai... Regstreeks
Zimbabwe 153/4
Namibia 66/0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 318/3
Sri Lanka 397/10
Rand - Dollar
15.94
+1.3%
Rand - Pond
19.88
+0.1%
Rand - Euro
16.79
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.21
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+1.7%
Goud
1,830.18
+0.3%
Silwer
21.73
+0.5%
Palladium
2,082.50
+2.7%
Platinum
961.00
+1.5%
Brent-ruolie
114.24
+2.6%
Top-40
63,401
+1.5%
Alle aandele
70,081
+1.3%
Hulpbronne 10
73,440
+2.2%
Industriële 25
78,258
+1.5%
Finansiële 15
15,908
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos