.
Deel

Ma aanskou dogter se moord

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nelnishia “Niesie” Kortjé (36) van Bonnievale is na bewering verlede week wreedaardig vermoor deur haar ekskêrel.
Nelnishia “Niesie” Kortjé (36) van Bonnievale is na bewering verlede week wreedaardig vermoor deur haar ekskêrel.

Die gemeenskap van Bonnievale is in rou gedompel nadat ’n geliefde inwoner op Vrydag 17 Februarie na bewering deur haar ekskêrel vermoor is.

Nelnishia “Niesie” Kortjé (36) het omstreeks 05:00 van haar huis in Protealaan, Happy Valley, werk toe gestap toe haar gewese kêrel haar in die straat voorgekeer het. Volgens ’n bron na aan Standard het die man met Kortjé begin baklei, waarna hy aggressief geraak en haar fisiek begin aanrand het. Kortjé se ma het die struweling gesien en wou tussenbeide tree. Hy het ’n mes uitgepluk en Kortjé veelvuldige steekhoue toegedien. Haar ma het na bewering alles gedoen om hom te keer, maar sy is met dieselfde mes gedreig waarmee haar dogter pas voor haar doodgesteek is.

Die man het dadelik van die toneel af gevlug.

Die gewese paartjie het ’n 10 maande oue baba saam.

Volgens AO. Meryll Africa van die Bonnievale-polisie, het lede met hul aankoms die slagoffer op haar rug in Protealaan aangetref.

“Sy was met ’n rooi kombers bedek. Die slagoffer se gesig was vol bloed en ons het verskeie steekwonde in haar gesig opgemerk. Die ambulans het kort daarna opgedaag en die slagoffer is op die toneel dood verklaar.”

By verdere ondersoek is ontdek die verdagte het die slagoffer verskeie kere in haar gesig, nek en bors gesteek.

“Die verdagte, ’n 36-jarige man, is na ’n kort soektog opgespoor en in hegtenis geneem. ’n Klag van moord word ondersoek,” het Africa bygevoeg.

Standard het na ’n familielid van Kortjé uitgereik, maar is vir eers kommentaar geweier.

Standard verneem egter dat die gemeenskap van Happy Valley ná hierdie voorval briesend is en dat inwoners kragte saamgespan het om die man op te spoor.

“Hulle het die man binne ’n paar uur ná die voorval gekry. Hy weet dat hy nooit weer sy gesig in die gemeenskap sal kan wys nie,” het die bron bygevoeg.

Boodskappe van skok en medelye is wyd op sosiale media gedeel.

“Vanoggend word die gemeenskap wakker met die nuus van Niesie, wat haar lewe verloor het aan die hand van ’n sinnelose gruweldaad. Ons as gemeenskap voel die hartseer en pyn saam met haar kinders, die breë familie, vriende en kollegas. Mag God julle die vertroosting bring. Mag Hy die seer kom genees. Weet dat julle in ons almal se gebede is,” het Patricia Niemand geskryf.

Kortjé sal in die komende week ter ruste gelê word en haar vermeende moordenaar sal binnekort in die plaaslike hof verskyn.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Benetton 19
Connacht 12
besig om te laai... Regstreeks
Arsenal 1
Leeds United 0
besig om te laai... Regstreeks
AFC Bournemouth 0
Fulham 1
besig om te laai... Regstreeks
Brighton and Hove Albion 2
Brentford 2
besig om te laai... Regstreeks
Crystal Palace 0
Leicester City 0
besig om te laai... Regstreeks
Nottingham Forest 0
Wolverhampton Wanderers 0
besig om te laai... Regstreeks
Richards Bay FC 0
Orlando Pirates 1
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos