.

Onnie 22 keer gesteek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Erin Fourie en haar eks-kêrel Wilmar Valentine in gelukkiger tye. Foto: Verskaf
Erin Fourie en haar eks-kêrel Wilmar Valentine in gelukkiger tye. Foto: Verskaf

“Dit is ’n donker tyd vir ons as familie. Ons is in ’n donker plek; emosioneel.”

Só sê die ma van Erin Fourie, die onderwyser wat op 5 November altesaam 22 keer met ’n mes by haar werk gesteek en vir dood gelaat is. Erin se eks-kêrel, Wilmar Valentine, is kort daarna deur die polisie aangekeer en hy het reeds in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Erin het die afgelope Dinsdagoggend in ’n gesprek met Standard gesê dit gaan nou beter met haar. Haar ma, Eleanor, het verder uitgebrei en sê hul familie is tans “op ’n baie donker plek”.

“Die ding het ons familie baie hard getref,” verduidelik Eleanor. Eleanor sê sy en haar familie is ontsettend dankbaar vir al die gebede en boodskappe van almal in die breër Worcester-gemeenskap en omliggende dorpe. Sy het die skool, paramedici, MediClinic Worcester en die leerders wat onmiddellik tot aksie oorgegaan het, bedank.

“Ons wil ook graag dankie sê vir MediClinic se dokters en ER24. As dit nie vir hulle was nie, sou ek my kind verloor het. Ek wil net vir hulle sê die Here gaan hulle seën,” sê Eleanor. Sy verduidelik sy glo die Here gaan hulle uit hierdie omstandighede deurdra, “want Hy het dit al vantevore gedoen”. Die gesin wil in dié stadium nie veel oor die voorval self uitbrei nie.

Volgens sers. Vatishwa Jacobs, woordvoerder van die Worcester-polisie, is Erin deur haar eks-kêrel by Worcester Senior Sekondêr, waar sy werk, aangeval. Volgens Jacobs blyk dit hy het oor die heining van die skool gespring en só toegang tot die skoolterrein gekry. Volgens haar het hy sy pad na Erin se klaskamer gevind, waar ’n stryery tussen haar en die verdagte ontstaan het.

Dit is toe dat die man haar aanhoudend met ’n mes gesteek het, wat haar met 22 steekwonde gelaat het. Daarna het hy van die toneel gevlug. Volgens Jacobs is Erin daarna na die MediClinic Worcester geneem, waar sy gestabiliseer en toe na die Worcester-hospitaal verskuif is.

Valentine is later deur Worcester se teen-bende-eenheid in Robertson in hegtenis geneem nadat hulle Vrydagmiddag ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur het om hom op te spoor. Hy het Maandag 8 November in die Worcester-landdroshof verskyn, en die saak is tot Dinsdag 16 November vir ’n borgtogaansoek uitgestel. Hy sal intussen in aanhouding bly.

Boodskappe van mense

Boodskappe het Vrydag ingestroom nadat Standard ’n berig oor die voorval op Facebook geplaas het.

Een van die boodskappe lui: “Sterkte Erin, dit het ons so geskok toe ons die nuus hoor. Die Vader behoed en bewaar haar, raak haar aan met U genesingshand, in Jesus naam.”

Nog ’n boodskap lui as volg: “Sterkte aan die onderwyser, leerders en breë skoolgemeenskap.”

Teen Woensdag was daar 124 boodskappe van mense wat hul skok uitspreek en sterkte-boodskappe met die familie gedeel het.

 Navrae is aan die WKOD gestuur, maar geen antwoord is ontvang nie.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos