.

Skynramp bied goeie opleiding

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die “ramptoneel” en “pasiënte” word beveilig.
Die “ramptoneel” en “pasiënte” word beveilig.

’n Botsing tussen ’n olietenkwa en ’n klein vragmotor is net buite Rawsonville nageboots.

Die rampbestuur-afdeling van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) het die naboots-oefening in vennootskap met Santam en die Breedevallei-munisipaliteit uitgevoer.

Die nabootsing het belanghebbendes in staat gestel om reaksie, kommunikasie, samewerking en medewerkende reaksies tydens ’n rampsituasie te evalueer. Op die toneel net voor die weegbrug buite Rawsonville op die ou N1 is ’n botsing tussen ’n olietenkwa en ’n klein vragmotor met ’n paar passasiers nagemaak.

Die vennootskap tussen Santam en die KWDM is daarop gerig om projekte waarin risiko’s geïdentifiseer en “versag” word, saam te stel. Die oogmerk van hierdie nabootsing was die beskerming van lewens, eiendom en die omgewing tydens ’n ongeluk wat gevaarlike materiaal behels.

Die distriksmunisipaliteit se rampbestuur-afdeling en Piet Smit van SIMU3 het die geleentheid beplan en van stapel gestuur. Die eerste fase was om belanghebbendes te identifiseer en ’n “lessenaar”-oefenlopie, voordat die werklike simulasie plaasgevind het.

Die prosedures wat gevolg is, word bepaal deur ’n internasionaal aanvaarde stelsel om voorvalle en gebeure te bestuur.

Die voorval is om 10:18 verklaar en die eerste respondente op die toneel het onmiddellik veiligheidsprotokol toegepas. Dit het behels dat die pad gesluit is, die nodige hulpbronne gestuur en die toneel beveilig is. Dit moet heel eerste plaasvind voordat na beseerdes omgesien word.

In die geval van gevaarlike materiaal moet ’n dampe-onderdrukker aangewend word.

Daarna kon mediese nooddienste die beseerdes veilig evalueer en behandel terwyl die brandweerdiens, bygestaan deur Spilltech, kon voortgaan met die afsondering, indyking en afdamming van gevaarlike materiaal.

besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 161/2
besig om te laai... Regstreeks
Watford 0
Manchester City 1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.14
-1.3%
Rand - Pond
21.36
-0.4%
Rand - Euro
18.26
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Goud
1,783.48
0.0%
Silwer
22.55
0.0%
Palladium
1,816.00
0.0%
Platinum
936.31
0.0%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos