.
Deel

Persies doring in hul vlees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Worcester Perseverance het Saterdag die Piet Buys-wisseltrofee van die kampioene, De Doorns United, afgeneem.
Worcester Perseverance het Saterdag die Piet Buys-wisseltrofee van die kampioene, De Doorns United, afgeneem.

Die Worcester Perseverance-rugbyklub het Saterdag (25 Februarie) die Piet Buys-wisseltrofee verower nadat dié begeesterde span die 2021-kampioene, De Doorns United, oortuigend geklop het.

Die wedstryd het teen ’n geweldige tempo begin met Persies die aanvallende span. De Doorns se verdediging het gehou en hy het stelselmatig beheer oor die wedstryd begin oorneem toe hy die eerste sewe punte aangeteken het.

Daarna het De Doorns weer met mening aangeval en nog ’n drie gedruk, maar die doelskop was mis (telling 12-0 vir De Doorns).

In die tweede helfte het die Persies met goeie aanvallende taktiek gespeel en is met ’n verdoelde drie beloon, wat die telling op 12-7 gebring het.

Met die inskop daarna het die Persies weer eens goeie rugby gespeel en nog ’n drie gaan druk, wat die telling na 12-14 in Persies se guns geswaai het.

’n Paar minute later het Persies sy derde drie gaan druk – en suksesvol oorgeskop – wat die telling 12-21 gemaak het.

De Doorns het egter nie gaan lê nie en het Persies met mening aangeval. De Doorns kry toe ’n strafskop en die telling verander na 21-15 – steeds in Persies se guns.

En om die laaste spyker in die doodskis te kap, het Persies in die doodsnikke van die wedstryd nog ’n drie gedruk en die stryd 26-15 gewen.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos