.

View Pro laat Clovers groot skrik

akkreditasie
View Pro het tevergeefs sy alles gee.
View Pro het tevergeefs sy alles gee.

View Pro het Sondag vir Clovers groot laat skrik op Eden Gardens-krieketveld in ’n kwarteindstryd- wedstryd van die Riverview- gemeenskap se kriekettoernooi.

Die wedstryd het nogal groot belangstelling onder albei spanne se toeskouers geniet. Wat nogal baie teleurstellend was, was in watter swak toestand die speeloppervlakte was. Klomp klippe het die hele veld vol gelê. Spelers kon baie maklik ’n besering opdoen. Noudat die munisipale verkiesing verby is, kan daar gerus na gekyk word om vlakkiekrieketvelde te verbeter.

Clovers was baie arrogant om ’n voorspelling te maak dat die wedstryd nie langer as ’n uur gaan aanhou nie. View Pro’s het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Clovers, met sy meer ervare spelers, het nogal stadig tussen die eerste sewe boulbeurte begin en View Pro se boulers het goed geboul in die power play. Clovers, met al sy ervaring, het net geduldig gesorg om die telbord aan die rol te hou en gewag vir die los balle wat hulle grens toe gestuur het. Met die ervare Mario Marinus voor die penne het hy sy aanvangsmaat baie raad gegee om saam met hom die penne te beset en op die regte oomblikke die lopietempo te versnel. Mario, een van die gedissiplineerde spelers in vlakkiekrieket, was baie ontsteld toe hy deur een van die skeidsregters uitgeroep is.

Clovers het in die laaste ses boulbeurte begin om die lopies te jaag. Die span het genoeg paaltjies in die sak gehad om die tempo te versnel. Clovers teken ook ’n baie goeie 106 lopies in sy 15 boulbeurte aan. Die druk is nou meer op View Pro se kolwers om te sorg dat sy opponente nie ’n groot voorsprong op die eerste beurt moet kry nie. View Pro se kolwers stel sy toeskouers erg teleur en die paaltjies val met reëlmaat. Wat baie frustrerend was, was hoe die top- kolwers hul paaltjies weggegooi het en ook sodoende Clovers meer beheer te laat oorneem om die wedstryd te wen. View Pro word vir ’n skamele 56 lopies uitgehaal wat vir Clovers ’n groot voorsprong gee van 50 lopies op die eerste beurt. Dis hier dat View Pro se kaptein hard met sy spelers praat om nou alles in hul arsenaal te gee om Clovers te beperk in hul tweede kolfbeurt. Dis ook waar Lenno Louw, die kaptein, die voortou geneem het met sy snelballe en sy troepe aangevuur het. View Pro, nou aangevuur en die top- kolwers van Clovers is onder geweldige druk en verloor vinnig hul top-orde. View Pro word nou al singende deur sy toeskouers aangevuur en Clovers word vir een van sy laagste tellings in vlakkiekrieket uitgeboul vir slegs 57 lopies.

View Pro moet nou 108 lopies aanteken vir ’n oorwinning in sy toegelate 15 boulbeurte. View Pro verloor sy eerste met omstrede beslissings deur die skeidsregters se uitgee en die toeskouers was baie ongelukkig daaroor. Dit het ook nou die gang van die wedstryd verander. View Pro het nooit moed opgegee nie en het tot die einde geveg. Clovers wen dan die wedstryd met 55 lopies en is deur na die halfeindstryd.

Die wedstryde vir die halfeindstryd is soos volg: Clovers vs. View Giants, Pumas vs. Zazon. Pumas en Zazon speel op Giantspark, Clovers en View Giants speel in Avianpark. Wedstryde begin om 13:00 Sondag 21 November.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos