.

Boer buite Villiersdorp aangeval

akkreditasie

'n Boer (53) van Villiersdorp is ernstig beseer toe hy mans probeer keer het wat besig was om by sy huis in te breek.

Die voorval het Saterdagaand omstreeks 22:00 plaasvind op die plaas Lovenstein buite die dorp.

Die boer, Willem Roux, is oorrompel en hy het ernstige beserings in sy gesig, op sy kop asook oor dele van sy lyf opgedoen .

Volgens sy broer, Andries, sterk Willem tuis aan. Dit is nog nie duidelik waarmee hy geslaan is en of die inbrekers vuurwapens gehad het nie. Die polisie is nog op die toneel en besig met ondervragings. 

“Hulle het eers by sy bakkie ingebreek. Daarna het hulle by die huis se skuifdeur probeer inbreek. Willem het hulle probeer keer en hy is op sy voorkop geslaan, waarvoor hy steke gekry het. Hy het oral kneusplekke."

Andries sê hulle is baie bly dat niemand anders in die voorval beseer is nie. Volgens hom was dit nie 'n plaasaanval nie, maar eerder 'n inbraak wat skeefgeloop het. 

“Dit was nie 'n plaasaanval nie maar 'n inbraakpoging, dit kon soveel erger gewees het," sê hy. 

Die Villiersdorp-polisie het die voorval bevestig maar kon geen verdere inligting verskaf nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. 

 

 

besig om te laai... Regstreeks
India 27/0
Australia 177/10
besig om te laai... Regstreeks
Knights 0
Dolphins 0
besig om te laai... Regstreeks
Northern Cape 0
Easterns 0
besig om te laai... Regstreeks
Titans 0
Boland 0
besig om te laai... Regstreeks
Lions 0
Warriors 0
besig om te laai... Regstreeks
North West 0
Western Province 0
besig om te laai... Regstreeks
Mpumalanga 0/0
South Western Districts 0
besig om te laai... Regstreeks
KwaZulu-Natal Inland 0/0
Border 0
Rand - Dollar
17.71
+0.3%
Rand - Pond
21.47
-0.2%
Rand - Euro
19.05
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
978.67
-0.3%
Palladium
1,668.80
+0.5%
Goud
1,881.04
+0.3%
Silwer
22.41
+0.4%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
74,229
+0.4%
Alle aandele
80,177
+0.3%
Hulpbronne 10
74,786
+0.1%
Industriële 25
104,272
+0.4%
Finansiële 15
16,430
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos