Dit is ’n groot eer om erken te word deur jou tydgenote en mense in krieket vir wie jy respek het en wat wêreldwyd gerespekteer word.
Dít is hoe die 73-jarige Barry Richards Woensdag gereageer het op die nuus dat hy die enigste Suid-Afrikaner is wat deur die eertydse Engelse kaptein Graham Gooch gekies is in sy beste elftal teen wie of saam met wie hy gespeel het.
Gooch beskryf Richards as sy gunsteling-kolwer en beskou hom as die mees grasieuse kolwer wat hy ooit gesien het.