As jy met bipolêre gemoedstoornis saamleef, is jy biologies dalk ’n bietjie “anders”. Dit beteken nie jy kan nie ’n alledaagse, produktiewe bydrae tot die samelewing lewer nie, skryf Marenet Jordaan.
Die stigmatisering van psigiese siektes is ’n welbekende feit.
Veral bipolêre gemoedstoornis word enersyds beskou as die lewenslange vloek van donker, plofbare manies-depressiewe lyers, en andersyds as ’n seën vir hoogs intelligente mense.