Eugene de Kock (68), voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, is “veilig” en “rustig” nadat hy vroeër die week uit ’n ouetehuis in Pretoria verwyder is.
De Kock was vir sowat twee weke ’n inwoner van die Ons Tuis-tehuis in Riviera, Pretoria, voordat versorgers en hulpverpleërs teen sy intrek kapsie gemaak het.
“Dis eintlik jammer, want dit sou vir sy menswees goed gewees het,” sê ds. Dries Beukes, waarnemende bestuurder van die Ons Tuis- en Monument-tehuis.