Ronnie Lombard, wat Dinsdagaand saam met sy skoonseun, Billy van Rooyen, op hul familieplaas buite Vryheid in KwaZulu-Natal vermoor is, het onlangs plaas toe getrek om daar uit te help, sê ’n familielid.
Lombard se skoondogter, Leemor Daniel Lombard, sê die familie is baie geskok.
“Hulle was ongelooflike mense. Ek weet nie wat om te sê nie. Ons het seer,” sê sy.