Finweek
book-icon Uitgawe 8 Oktober 2021

Bereken die risikovrye premie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Foto: Shutterstock
Foto: Shutterstock

Ek het die begrip van gevaarloon al ’n paar keer bespreek. Dié term het in die verlede meestal verband gehou met soldate wat in gevaarlike gebiede moes werk. Deesdae kan dit selfs spesiale versekeringsvoordele insluit vir gebeurtenisse soos ontvoering vir gesinne wie se beroep vereis dat hulle na gebiede moet verhuis waar die risiko van ontvoering groot is.

Wat die pakket ook al behels, dit verwys in werklikheid na ekstra voordele of vergoeding vir mense wat onder meer hul lewens in gevaar stel om op gevaarlike plekke te werk. Talle mense vind dié voordele baie aantreklik, maar dit is uiters belangrik dat diegene wat dit oorweeg, bewus moet wees van die gepaardgaande gevare. In die meeste gevalle moet werkers bereid wees om met hul lewens te betaal in ruil vir ’n ekstra paar duisend rand per maand. In die beleggingswêreld is ons ook bekend met gevaarloon, hier beter bekend as die risikopremie.

Hoewel dit nie noodwendig jou lewe sal eis nie, is dit iets waarvan jy altyd bewus moet wees, veral as dit kom by die opstel van jou persoonlike beleggingsportefeulje. Die risikopremie verwys kortliks na die persentasie waarmee aandele byvoorbeeld beter as risikovrye beleggings moet vaar om dit vir beleggers die moeite werd te maak om in ’n gevaarliker gebied te “werk”.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
+0.9%
Rand - Euro
16.83
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.77
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos