Politici toon gewoonlik in die stemwerweryseisoen die kuns van die misleiding van kiesers om hulle te beïnvloed om X langs hul politieke party se naam op stembriewe te skryf.
Die politici vol beloftes en mooipraatjies mislei kiesers tydens verkiesingsveldtogte en niemand – van kanniedoodaanhangers en opposisieondersteuners tot skeptici en berugte draadsitters – spring vry nie.
Fikile Mbalula, die regerende ANC se verkiesingshoof, het naby die einde van die onlangse verkiesingsveldtog in Suid-Afrikaners se onguns verval toe hy ontken het dat president Cyril Ramaphosa, sy partybaas, belowe het om ’n miljoen huise in die township Alexandra in Johannesburg te bou.