Finweek
book-icon Uitgawe 20 Augustus 2021

Transnet-krisis: Die dringendheid van belegging en herbeplanning

akkreditasie
Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA
Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA

Wat onlangs met Transnet gebeur het – tesame met die Wêreldbank se plasing van Suid- Afrikaanse hawens onderaan ’n wêreldwye lys van 351 hawens – laat beleidmakers nou met ’n groot uitdaging. Dit is volgens professor Raymond Parsons van Noordwes-Universiteit se besigheidskool. Parsons sê: “Met Transnet se oorheersing van die voorsieningsketting van die ekonomie het sy tydelike terugtrekking uit sy verbintenis om goedere in en uit die land te vervoer, wydverspreide onbedoelde ekonomiese en sakegevolge gehad.”

Voertuiguitvoersyfers vir Julie dui op ’n groot daling van byna ’n derde of 8 381 eenhede in vergelyking met die 25 312 voertuie wat in Julie verlede jaar uitgevoer is. Verlede jaar het die uitvoer van voertuie en motoronderdele ’n nuwe rekord van R175,7 miljard beloop, wat neerkom op 13,9% van SA se totale uitvoer. Die motorbedryf is die land se vyfde grootste uitvoersektor.

Volgens die naamsa/The Automotive Business Council was die ontwrigting van die bedryf se in- en uitvoer die hoogtepunt in ’n reeks van drie ontwrigtende ontwikkelinge gedurende Julie, waaronder burgerlike onrus, vlak 4-inperkings en die Transnet-krisis. Die ontwrigtings het ook ’n uitwerking op die binnelandse verkope van nuwe voertuie gehad. Absa se koopvervaardigersindeks (PMI) toon dat die omvang van die maandelikse afname erger was as tydens die streng inperking in April verlede jaar.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 113/1
West Indies 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.20
+0.5%
Rand - Pond
21.53
+0.2%
Rand - Euro
18.24
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Goud
1,784.30
-0.5%
Silwer
22.82
-1.5%
Palladium
1,781.94
+1.7%
Platinum
960.00
+0.5%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
63,601
+1.9%
Alle aandele
70,009
+2.0%
Hulpbronne 10
65,581
+2.4%
Industriële 25
93,900
+1.1%
Finansiële 15
13,460
+3.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos