’n Plek waar spesiale glasies geklink word tydens die Wêreldbeker-krieket-extravaganza wat nou op dreef is, is Lord’s Wyne, want hoewel dit in ’n afgeleë landelike omgewing op die sogenaamde “pad-na-nêrens” geleë is, is die naam geïnspireer deur “Die Tuiste van Krieket”, Lord’s in Londen.
Die kersie op die koek sal natuurlik wees as – ná 48 wedstryde tussen die wêreld se toptien spanne van 30 Mei tot 14 Julie – Suid-Afrika se Proteas deel sou wees van en seëvier in die eindstryd op hierdie heilige krieketdomein van die MCC (Maryle-bone Cricket Club).
Uit die 11 krieketvelde in Wallis en Engeland, word vyf wedstryde op Lord’s aangebied en in die eerste een op 23 Junie sal die Proteas in ’n rondomtalie-wedstryd teen Pakistan te staan kom.