Blitsgids: 'n Verbeterde kommentaarfunksie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister

Ons het ’n splinternuwe kommentaarplatform wat die kommentaar-ervaring op Netwerk24 met innoverende kunsmatige intelligensie (KI) bystaan.

Meer oor Coral, ons nuwe kommentaarplatform:

Ná baie navorsing oor hoe om ’n positiewe omgewing vir kommentare te skep het ons op Coral by Vox Media besluit. Dit sal Disqus as ons kommentaarplatform vervang. Hierdie platform maak van KI gebruik om aanlyn trolle en beledigende opmerkings bes moontlik uit te wis sodat die kommentaarafdelings eerder ’n meer interaktiewe ervaring tussen verbruikers is.

Coral se KI is die eerste stap teen potensieel skadelike inhoud en sal die leser waarsku dat ’n opmerking moontlik beledigend is. Hierdie stelsel sal die aandag vestig op enige verdagte woorde en frases, en strekkings opspoor wat nie bevorderlik vir ’n eervolle kommentaaromgewing is nie.

’n Menslike moderator sal al ons kommentare met behulp van Coral se KI goedkeur. Moderators sal ook alle opmerkings nagaan wat gebruikers as beledigend of problematies aandui. Dit sal ons kommentaar-ervaring meer verwelkomend vir ons lesers se terugvoering maak.

Hoe lewer ek kommentaar?

Om kommentaar te lewer op Netwerk24 moet jy ’n intekenaar met ’n gebruikersprofiel wees.

Die kommentaarafdeling sal onderaan die berig wees.

Deel jou kommentaar onder die “Kommentaar”-seksie van die afdeling. In die wit spasie waar staan “Deel jou kommentaar” kan jy jou kommentaar van 600 karakters deel. Klik die “stuur”-knoppie en wag dat jou kommentaar deur ons moderators goedgekeur word.

NEEM KENNIS:
  • Kommentare kan slegs 600 karakters wees. Kommentare kan slegs binne die eerste 15 minute ná plasing redigeer word.
  • Nadat hierdie tyd verstreke is, kan kommentare nie meer aangepas word nie.
  • Kommentaarafdelings sluit ook outomaties 48 uur ná publikasie. Kommentaarafdelings sal ook in sekere gevalle gesluit wees. Lees meer hieroor oor ons kommentaarbeleid.


Hoe reageer ek op ’n ander kommentaar?

Klik op die “Antwoord”-knoppie om op die kommentaar te reageer. Deel jou kommentaar soos hierbo en klik die “Stuur”- knoppie:

Hoe sien ek my vorige kommentare en verstel my voorkeure?

Jy kan in die kommentaarafdeling klik op die splinternuwe opsie “My Profiel”. Onder hierdie afdeling kan jy al jou geplaaste kommentare sien, asook voorkeure stel vir wanneer jy kennisgewings wil ontvang vir reaksies op jou kommentare en wanneer jou kommentaar goedgekeur is.

Hoe sien ek my vorige kommentaar?

  • Klik op die “My Profiel”-opsie.
  • Klik op die “My Kommentaar”-opsie in hierdie afdeling.
  • Jy sal jou geplaaste kommentare nou kan sien.

Hoe verstel ek my voorkeure vir kennisgewings?

  • Klik op die “My Profiel”-opsie.
  • Klik op die “Voorkeure”-opsie in hierdie afdeling.

Hier sal jy 4 opsies sien vir e-pos-kennisgewings oor jou kommentare, asook wanneer jy hierdie kennisgewings wil ontvang. Kies jou voorkeure en klik dan op die “Dateer Op”-knoppie:

Onthou: Kru, kras en onvanpaste gebruikersname sal onmiddellik ingevolge ons kommentaarbeleid verwyder word. Lees meer hieroor in ons kommentaarbeleid.

Hoe meld ek problematiese kommentare aan?

Maak gebruik van die “Rapporteer”-knoppie by kommentare:

Daarna sal jy 5 opsies kry met ’n opsie om ook bykomende inligting te deel oor die kommentaar wat jy rapporteer.

’n Moderator sal dan hierdie gerapporteerde kommentaar hersien.

Wat is die ‘Respek’-funksie?

Kommentare waarmee jy saamstem of wat jy dink erkenning vir hul bydraes verdien, kan jy met hierdie funksie aanmoedig. Dit kan as ’n “upvote”-funksie, soos met ons vorige kommentaarplatform, Disqus, gebruik word.

Kommentaarbeleid:

Netwerk24 steun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer dus kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie ’n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volle kommentaarbeleid hier.

Hoekom is my ou kommentare verwyder?

Met die oorbou van Netwerk24 op verbeterde tegnologie het ons ook, waar nodig, nuwe platform-vennootskappe gesluit. ’n Voorbeeld hiervan is die nuwe ooreenkoms met die internasionale kommentaarplatform Coral – wat ook die gekose kommentaarplatform vir toonaangewende internasionale nuuswebtuistes soos The Washington Post, Wall Street Journal, New York Magazine en plaaslik nou ook News24 is.

Dit was ongelukkig nie moontlik om alle vorige kommentare op die vorige platform na Coral te migreer nie. Die nuwe kommentaarfunksie spog met meer funksies en slimmer tegnologie.


besig om te laai... Regstreeks
Oman 44/2
Scotland 0
besig om te laai... Regstreeks
Knights 127/7
North West 19/0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.47
-1.2%
Rand - Pond
19.99
-1.2%
Rand - Euro
16.85
-1.2%
Rand - Aus dollar
10.85
-0.9%
Rand - Jen
0.13
-1.7%
Goud
1,780.44
-0.2%
Silwer
24.18
-0.7%
Palladium
1,999.78
-3.4%
Platinum
1,049.32
-0.4%
Brent-ruolie
85.82
+0.9%
Top-40
59,674
-1.3%
Alle aandele
66,189
-1.2%
Hulpbronne 10
61,545
-2.6%
Industriële 25
85,379
-0.1%
Finansiële 15
13,931
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos