Jou gids tot die nuwe Netwerk24

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Welkom by ’n nuwe Netwerk24! Soos jy kan sien, het ons die “kaste en laaie” reggepak vir ’n meer geordende webwerf en app waar jy maklik by jou gunsteling-inhoud kan uitkom.

Ons het ook nuwe tegnologie bygevoeg sodat als vinniger en beter werk en wat boonop ’n paar ekstras vir ons gebruikers en intekenare gee.

As jy die app gebruik, moet jy eers die nuwe app in jou app-winkel gaan aflaai en dan weer aanmeld met jou gebruikersnaam en wagwoord om toegang tot die verbeterings te kry.

Hier is ’n gids om die nuwighede ten beste te benut:

• Jy kan jou streek (of selfs woonbuurt) enige plek ter wêreld kies om daagliks die weer dop te hou. Jy kan ook ingelig bly oor die verkeer, padwerke en dies meer op jou roetes of in jou streek. Kyk hier hoe jy daarby kan uitkom.

• Jy kan nou diejongste inligting oor die geldmarkte sien en tydens groot sportgebeure outomatiese uitslae en kommentaar kry.

• Intekenare kan voortaan na berigte luister terwyl hulle met iets anders besig is, pleks daarvan om dit net te lees. Klik bloot bo-aan die berig op die speelknoppie. Hier is nog inligting oor hierdie opwindende nuwe toevoeging.

• Intekenare wat die app gebruik, kan op iOS en Android hul koerante en tydskrifte as e-publikasies aflaai om later sonder ’n internetverbinding te lees.

• Vir lesers wat hul mening onderaan artikels wil gee, is daar ’n verbeterde kommentaarplatform.

• Met die nuttige boekmerk-funksie op die web en app kan jy artikels merk om later (aanlyn) te lees.

• Kyk hier hoe jy vining by Netwerk24 se verskeidenheid kyk- en luisterinhoud, insluitende ons daaglikse Blitsnuusbulletin, luisterboeke, blitssepies, webinare en podsendings kan uitkom.

• Besoek gerus Rapport, Die Burger, Beeld en Volksblad se spoggerige nuwe landingsblaaie met onderafdelings vir ’n koerantervaring.

• Klik op die Vind als-knoppie op die app of selfoonweb om by ’n klomp lekkertes uit te kom, insluitende hierdie koerantblaaie, asook tydskrifte en die gemeenskapskoerante in jou streek.

• Op die rekenaar-webwerf is daar nuwe afdelings op die tuisblad vir inhoud uit die gemeenskapskoerante.

• As jy op die selfoonweb of app lees, kry jy voortaan ’n stroom berigte wat eers eindig op die dag en datum toe jy die eerste keer die nuwe Netwerk24 begin lees het. Jy kan dus bly afrol tot gister en ’n dag of week of maand gelede se berigte en hoef nie bekommerd te wees dat jy iets misgeloop het nie.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
+0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,799.35
+0.1%
Silwer
24.01
-0.2%
Palladium
1,972.07
+0.3%
Platinum
1,015.90
+0.2%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos