SPEEL SAAM | Blokraaie, sudoku's, woordblomme elke dag + week-vasvra

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Netwerk24 stel aanlyn speletjies bekend.
Netwerk24 stel aanlyn speletjies bekend.

Dit is met groot opgewondenheid dat Netwerk24 die nuutste toevoeging tot sy intekenaar-aanbod bekendstel: digitale blokraaisels en aanlyn speletjies.

“Ons juig oor hierdie stap vorentoe en die waarde wat dit vir ons intekenare ontsluit,” sê Henriëtte Loubser, hoofredakteur van Netwerk24.

“Ons weet hoe passievol veral Afrikaanse blokraai- en speletjiegeesdriftiges oor hierdie verslawende tydverdryf is. Dis mos ’n heerlike gevoel van genoegdoening om ’n raaisel te ontrafel en te sien hoe die letters en syfers netjies in plek val.”

Elke dag se blokraaie en speletjies – sudoku en ’n woordblom – sal maklik op die Netwerk24-tuisblad of in die nuwe Speel-afdeling gevind kan word.

In die app sal jy ’n kortpad-skakel kry wanneer jy op die Vind als-knoppie op die onderste navigasie in die app druk.

KLIK HIER VIR SPELETJIES

Vind die skakel na ál die speletjies op die Vind a
Vind die skakel na al die speletjies op die Vind als-knoppie in die onderste navigasie van die app.

LAAI JOU APP HIER AF

* ANDROID: Google Play-winkel 

* iPHONE EN iPADApple-winkel

Speletjies-entoesiaste kan dus élke dag terugkeer na Netwerk24 vir daardie dag se blokraai, sudoku en woordblom. Vinnige daaglikse ontspanning so tussendeur die nuus van die dag!

Benewens die dag se blokraai en sudoku kan jy ook voriges in ’n argief gaan speel, maar daar is slegs een woordblom op ’n keer beskikbaar.

Elke Vrydag sal Netwerk24 oudergewoonte ’n nuusvasvra aanbied sodat intekenare hul kennis van die week se groot nuusgebeure kan toets.

Netwerk24 speletjies

Jy kan hierdie speletjies teen tyd speel en jou uitslae op sosiale media met ander deel. As jy moet wegglip voor jou speletjie klaar is, sal jou vordering in die speletjie gestoor word en kan jy gerieflik terugkeer om verder te speel.

Ons weet hoe passievol veral Afrikaanse blokraai- en speletjiegeesdriftiges oor hierdie verslawende tydverdryf is. Dis mos ’n heerlike gevoel van genoegdoening om ’n raaisel te ontrafel en te sien hoe die letters en syfers netjies in plek val.
Henriëtte Loubser, hoofredakteur van Netwerk24

Die blokraaie is vars en oorspronklik en spesiaal ontwikkel vir Netwerk24. 

* LEES MEER OOR BLOKRAAI-OPSTELLER GERDA ENGELBRECHT

“Nes blokraaisels, sudoko en woordspeletjies oor dekades heen ’n belangrike deel van ons gedrukte publikasies se DNS was, gaan dit nou ook ’n integrale deel van Netwerk24 raak. Heel eerste op my persoonlike lys is elke dag se woordblom – nou hoef ek dit nie meer in Engels op oorsese webtuistes te doen nie!” aldus Loubser.


besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 35/2
Rand - Dollar
17.72
+0.2%
Rand - Pond
21.43
+0.1%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.33
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
975.43
-1.1%
Palladium
1,658.90
+0.3%
Goud
1,879.30
+0.2%
Silwer
22.40
+0.4%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos