Die alternatiewe Afrikaanse rock-groep Spoegwolf se jongste album, Koma, is só gewild dat dit langer as ’n week eerste op Apple Music se album-trefferlys is.
Dit is die eerste keer dat ’n Afrikaanse groep bo aan dié lys pronk. Die lys bestaan uit die tien albums wat die beste verkoop op iTunes in Suid-Afrika.
Koma is op Valentynsdag bekend gestel.