Kuier
book-icon Uitgawe 14 Oktober 2021

Entrepreneur: Paartjie smaak sukses met jam

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Christynn en Nigel Jacobs besit hul eie jam-besigheid.
Christynn en Nigel Jacobs besit hul eie jam-besigheid.

Om jou werk op te gee vir jou droom vat guts en deursettingsvermoë. Dis nie sommer enigiemand wat dít kan regkry nie. In 2018 het Christynn (35) en Nigel Jacobs (39) hul suksesvolle loopbane opsy geskuif om dit wat hulle geleer het, te gebruik om hul eie besigheid, Jacobs Jam Company, te stig. En vandag begin hulle stadig, maar seker die vrugte van hul harde werk pluk.

Nigel vertel die konfytmark in Suid-Afrika is ongeveer R1,6 biljoen per jaar werd. “Suid-Afrikaners hou van jam!” lag hy. Nigel was ’n bemarkingspesialis en Christynn ’n voedseltegnikus – albei by groot internasionale maatskappye op Ceres in die Wes-Kaap. Nigel beskryf vroulief as die “hart van die besigheid” omdat sy die besigheid se spesiale en unieke resepte van scratch af in hul huis se kombuis ontwikkel het. Nigel weer, het al regoor die wêreld gewerk in lande soos Japan, Rusland en in Suid-Amerika.

Terug by die huis lewe die Jacobs-gesin en besigheid volgens eenvoudige beginsels – respek, integriteit, toewyding en eerlikheid. “Die begin van ons besigheid was ’n lang proses wat baie geduld geverg het.” In Mei 2018 het die paartjie die wiel aan die rol gesit en teen die einde van daardie jaar het albei reeds hul poste verlaat om voltyds op die besigheid te fokus.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.06
+0.0%
Rand - Pond
20.68
-0.1%
Rand - Euro
17.47
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.30
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,800.77
+0.2%
Silwer
24.08
+0.1%
Palladium
1,980.50
+0.7%
Platinum
1,017.50
+0.6%
Brent-ruolie
84.58
-2.1%
Top-40
60,874
0.0%
Alle aandele
67,475
0.0%
Hulpbronne 10
63,082
0.0%
Industriële 25
87,253
0.0%
Finansiële 15
14,054
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos