Dinamiet kom in klein pakkies. En Lukretia Booysen (36), oorspronklik van Worcester is ’n bewys daarvan.
Lukretia is die stigter van die Khoena Art Instituut in Kaapstad en het ook haar eie klerereeks, Kwaai Khoi, van stapel gestuur.
Nou is sy ook die trotse eienaar van Suid-Afrika se eerste inheemse parfuumreeks, /Nami! Lukretia het onlangs haar parfuum bekendgestel en spog trots dis ’n ode aan haar voorvaders. “’n Liefdesbrief aan ons voorvaders en almal van ons wat daaruit spruit.