Volgens Rumarques, ook bekend as die rapper, Oxijin, kan jy eers sê iemand het dit gemaak wanneer hul gemeenskap ook vorentoe beweeg, want hy voel daar is niks wat hom spesiaal of anders maak as enigiemand anders in sy gemeenskap nie. Hy was net gelukkig dat mense potensiaal in hom raakgesien en hom ’n geleentheid aangebied het.
Nou wil hy sy geleenthede gebruik om ander kinders en mense in sy gemeenskap bewus te maak van húl potensiaal en om hulle aan te spoor om elke geleentheid aan te gryp wat hulle kant toe kom.