Kuier
book-icon Uitgawe 25 November 2021

Inspirasie: Mitchells Plain se eie beskermingsengel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Valerie Moses (71) werk hard om haar gemeenskap veilig te hou.
Valerie Moses (71) werk hard om haar gemeenskap veilig te hou.

Valerie Moses (71) van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte is ’n voorvrou wanneer dit kom by gemeenskapsveiligheid – en as vreesloos ’n mens was dan is dit beslis Valerie! Dié bejaarde vrou veg al vir meer as 20 jaar onverpoos teen misdaad en daar is geen keer aan haar nie, want soos sy dit prontuit stel: “Ek sal nooit ophou werk in die gemeenskap nie. Die dag wanneer ek my oë toemaak vir ewige rus, dít is die dag wanneer ek sal ophou.”

Valerie, wat vir die afgelope 30 jaar in Mitchells Plain bly, is die oudste lid van die Rocklands Buurtwag in Mitchells Plain. Sy onthou hoe sy destyds ’n nuweling in die gemeenskap was toe sy en haar destydse man daar ingetrek het. “Ek het nog nie eens lank hier gebly nie en toe het die mense my al begin nader om hulp. Die kindertjies sou altyd hier by ons huis kom speel. Ek het vandat ek self ’n kind was, ’n baie groot liefde vir kinders en ouer mense.”

Met heimwee onthou sy hoe sy in haar geboorteplek, Athlone, van kindsbeen af na ander mense se kinders gekyk het. Sy lag voor sy vertel terwyl sy nog moes speel, het sy al na kinders gekyk. “Smiddae ná skool as die kinders se ma’s nog in die werk was, het ek dit my verantwoordelikheid gemaak om na hulle te kyk. Ek het ook by die ouer mense gaan inloer om te sien of hulle nie hulp makeer nie. So, my liefde vir mense en die gemeenskap is gebore nog voor ek ’n volwassene was,” vertel Valerie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 215/5
India A 0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.89
+1.2%
Rand - Pond
21.04
+1.0%
Rand - Euro
17.94
+1.3%
Rand - Aus dollar
11.19
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+1.4%
Goud
1,778.97
-0.3%
Silwer
22.22
-1.5%
Palladium
1,801.81
-0.8%
Platinum
933.13
-0.3%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,611
+0.5%
Alle aandele
71,043
+0.3%
Hulpbronne 10
67,551
+1.6%
Industriële 25
93,354
-0.5%
Finansiële 15
14,066
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos