Nee kyk, as daar een ding is waarin vroue goed is, is dit om mekaar te kritiseer.
En moenie dat dit oor moederskap gaan nie, dan kan vroue omtrent hul monde uitspoel oor wat van jou ’n goeie of slegte ma maak. Een van die ou bekgevegte wat altyd sterk reaksies ontlok, is die stryd tussen die bors en die bottel. Lyk ook nie of daar ooit ooreenstemming oor dié saak gaan wees nie, want elke nuwe geslag ma’s het hul eie opinie.
En moenie dink die gestry eindig by die bors of bottel nie! Die groot vraag word al hoe meer wanneer moet jy stop, want mens hoor deesdae van ma’s wat kinders lank ná vyf nog bors gee! Almal het ’n opinie oor wat reg en verkeerd is, maar ongelukkig is daar geen handboek wat ’n definitiewe antwoord kan gee nie.