Hierdie brownies is lekker klam en boonop sommer baie maklik om te maak!
Stel die oond op 180 °C om warm te word. Sit die Nutella vir 30 sekondes op hoog (100% krag) in die mikrogolf om dit sag te maak.
Klits die eiers en eiergeel goed en voeg dit by. Roer die meel en die sout by. Spuit ’n 13 cm x 21 cm-oondbak met kossproei en skep die beslag in die bak. Bak vir 20 – 25 minute. Die mengsel moet nog ’n bietjie drillerig wees, maar die kante gestol. Laat dit in die bak afkoel en sny dit dan in 8 blokkies.