Deur die geskiedenis het jong mense gewys dat enigeen ’n verskil kan maak in die wêreld, jou land of dorp – daar is geen ouderdombeperking nie. Ontmoet van dié helde wat ’n verskil op verskillende gebiede van die politiek tot gesondheid gemaak het.
Hy was deel van ’n groep leerders wat op 16 Junie 1976 aan die Soweto-optogte deelgeneem het. Die optogte was teen die Afrikaanse taalbeleid wat swart leerders gedwing het om in Afrikaans onderrig te kry.
Die polisie het op die leerders begin skiet en Hector is doodgeskiet. 16 Junie is sedertdien as Jeugdag verklaar en word elke jaar ter nagedagtenis van die opofferinge van die jeug van 16 Junie 1976 herdenk.