Wanneer die aktrise Kim Syster (34) by ’n vertrek instap, let jy eerste haar glimlag op, want dit helder sommer die hele vertrek op. Dit spreek van tevredenheid en geluk, maar dis wanneer jy in haar oë kyk dat jy die seer sien wat agter die blink glimlag skuil.
Kim se seer spruit uit die hartseer ervaring van iemand wat moes leer hoe dit voel om uit te sien na moederskap, maar hoe dit dan wreed van jou weggeruk word. En nie net een keer nie, maar twéé keer. Kim het twee miskrame gehad die laaste paar jaar.
Om ’n kind te verloor, is een van die moeilikste goed wat ’n mens kan oorkom. Dit is ’n onbeskryflike seer met ’n onbepaalde routydperk en dis waar Kim nou is.