Suid-Afrika is ’n baie diverse land bekend as “die reënboognasie” en danksy ons Grondwet geniet almal se taal, kultuur en geloof beskerming. Maar al waarborg ons wetgewing vryheid van geloof, haal ’n gruwelike misdaad wat met die okkulte verbind word, elke nou en dan die nuus en laat almal regop sit.