Tarryn was onlangs te sien as die mede-aanbieder van Maak my Famous, Emo Adams se talentkompetisie op kykNET. En hoewel haar loopbaan van krag tot krag gaan, is Tarryn ’n plat op die aarde meisie van Ocean View naby Kaapstad, wat hou van braai en tyd saam met haar familie spandeer.