Baie Suid-Afrikaners geniet ’n Saterdag-uitstappie na hul plaas-like mall. Trouens, Suid-Afrika was volgens die plaaslike verbruikernavorsinggroep Urban Studies in 2016 reeds sewende in die wêreld wanneer dit kom by inkopiesentrumspasie (selfs meer as in Europa) en het rofweg 2 000 malls vir ’n bevolking van 53 miljoen.
Miskien is dít hoekom die land se online shopping bedryf aanvanklik ’n bietjie stadig uit die blokke was, maar tydens die harde lockdown weens Covid-19 het dit alles verander. Toe kon ons nie meer vryelik en met gemak in winkels instap nie, terwyl jy aanlyn so te sê enigiets kan koop en dit word by jou deur afgelewer. Skielik het mense besef hoe gemaklik online shopping jou lewe kan maak.
Volgens Arthur Goldstuck, besturende direkteur van die tegnologie-marknavorsingorganisasie World Wide Works, het hulle in 2020 tussen 50 en 70% groei in die aanlyn mark gesien, terwyl hulle net 25% voorspel het.