Kundiges
Vraag

30 Sep. 2021

BAKLEI VIR DIE LEKKER
Ek en my man het ’n gewoonte om ná ’n rusie opmaakseks te hê. Nou voel dit vir my of ons met dié vooruitsig soms aspris oor klein dingetjies baklei. Ek kan nie dink dis gesond nie. Dit los nooit die geskil op nie en is nie altyd so vurig nie. Ek moet byvoeg met ons was dit liefde met die eerste oogopslag, en selfs toe het ons nie te lank kon wag voor ons in mekaar se arms was nie. Ons is nou al ’n hele paar jaar getroud, maar ek dink ons verhouding moet ’n bietjie dieper wees. Wat kan help?
Antwoord 1 372 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

30 Sep. 2021

Jy ry nou die emosionele wipplank van voortdurende opmaakseks. Jy is reg: Dit los geen probleem op nie. Dis hoogstens ’n hegpleister oor ou rowe en nuwe wonde.
Dit verg vasberadenheid om uit die gewoonte te ontsnap, veral as julle reeds in ’n patroon verval het. Seks is geen stukkie aas wat jy uitgooi in die hoop om ’n vangs te maak nie. Jy stel jou oop vir hartseer as jy vir die krummels wag wat hy in jou rigting gooi. Jy is veel meer werd.
Al kan die oomblik se ongebreidelde liefdesdrif julle oënskynlik saamsnoer, is dit op lang termyn ongesond en stel dit bloot die onvermydelike bakleiery uit.
Die beste is om vóór die liefdespel op te maak en nie die dubbelbed as die op­lossing te beskou nie.
Opmaakseks ontneem julle die luukse om oor die rede vir jul geskil na te dink. Die voorspel is gewoonlik woede, en dit belemmer enige sinvolle oplossing van die konflik.
Dit kan daarom help om wanneer julle begin baklei, eers ’n blaaskans te neem. Afkoeltydjies in aparte vertrekke kan keer dat julle dinge kwytraak waarvoor julle dan later woordeloos wil opmaak.
Ná die afkoeltyd kan jy die vrede herstel deur die gesprek in ’n rigting te stuur wat die oorsaak van die konflik stuk vir stuk uitpluis eerder as om ooremosioneel te raak.
Hoe intenser die emosies, hoe makliker lyk dit om die oplossing tussen die lakens te gaan soek.
Die kuns is om intiem te raak sonder die seergemaakte gevoelens en om al die regte redes.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 296/4
India 254/8
besig om te laai... Regstreeks
Sharks 10
Griquas 3
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.30
+1.5%
Rand - Pond
20.86
+1.2%
Rand - Euro
17.37
+1.2%
Rand - Aus dollar
11.05
+0.9%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,839.58
+1.4%
Silwer
24.01
+2.3%
Palladium
2,011.00
+5.6%
Platinum
1,032.35
+4.8%
Brent-ruolie
87.51
+1.2%
Top-40
69,513
+1.8%
Alle aandele
76,176
+1.6%
Hulpbronne 10
77,000
+3.3%
Industriële 25
95,623
+1.4%
Finansiële 15
15,206
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos