Kundiges
Vraag

20 Sep. 2018

BEHEP MET NETHEID
Ek is ’n 25-jarige, getroude ma. Ek is ’n uiters netjiese mens wat my huis betref. Ek kan nie ’n vuil koppie in die wasbak verdra nie; hy moet dadelik skoon.

Wanneer ek van die werk af kom, loop ek letterlik heeltyd en skoonmaak. As daar niks is om te doen nie, soek ek vir my huiswerk.

Ek baklei met almal as hulle net ’n glas iewers anders neersit as in die wasbak en dit lei tot kwaai onmin in die huis.

Ek het al dikwels probeer om my met ander goed besig te hou, maar dit help nie.

Wat kan ek doen?
Antwoord 5 637 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

29 Okt. 2018

Dis goed om skoon en netjies te wees, maar as dit jou verhoudings bederf, moet jy twee keer dink. 

Die lewe is geen uitgerekte skoonmaakrooster nie. Daar is verskillende redes hoekom jy dalk ’n onmoontlik volmaakte huis wil hê. 

Juis daarom gaan jy die probleem nie oornag kan oplos nie. 

Voel jy jou sukses as mens hang af van hoe skoon jou huis is? 

Omdat jy dikwels begin skoonmaak sodra jy van die werk kom, is die moontlikheid groot dat jy opgehoopte angs en spanning so probeer verwerk. 

Raak jy angstig as jy nie skoonmaak nie? As jy hierop “ja’’ antwoord, kan die volgende plan dalk werk: Skep ’n eilandsituasie tussen werk en huiswerk. 

Speel wanneer jy van die werk af kom musiek wat jou laat ontspan of kyk ’n DVD. Maak daarna skoon. 

So kan jy ’n nuwe manier vind om jou angs deels te verwerk. Of skep ’n asemskep-roetine tussen werk en huis, soos om om die blok te gaan stap of vyf minute lank iewers te stop en te rus voor jy huis toe gaan. 

As jy voel jou onnet huis sê iets oor jou, verander jou roetine sodat jy nie hierop konsentreer nie: Begin later as gewoonlik die huis skoonmaak, los iets tot die volgende dag of maak op ander tye as gewoonlik skoon.

Jou obsessie met skoonmaak kan ’n teken wees dat jy sukkel om jou behoeftes uit te spreek. 

Deel jou behoeftes op ’n ander manier met jou huismense as jy nie daaroor kan gesels nie: Stuur ’n e-pos of SMS tot jy mettertyd daaroor kan begin gesels. 

As jy voel niks kom ooit skoon genoeg nie, moet jy ’n nuwe fokuspunt buite jou huis vind. 

Bou ’n nuwe lewe buite jou huis met verpligtinge wat jy moet nakom, want jy hou duidelik daarvan om pligsgetrou te wees.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa 296/4
India 230/8
besig om te laai... Regstreeks
Sharks 3
Griquas 0
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.30
+1.5%
Rand - Pond
20.86
+1.2%
Rand - Euro
17.36
+1.3%
Rand - Aus dollar
11.05
+0.9%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Goud
1,838.22
+1.3%
Silwer
23.99
+2.2%
Palladium
2,003.50
+5.2%
Platinum
1,032.00
+4.7%
Brent-ruolie
87.51
+1.2%
Top-40
69,513
+1.8%
Alle aandele
76,176
+1.6%
Hulpbronne 10
77,000
+3.3%
Industriële 25
95,623
+1.4%
Finansiële 15
15,206
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos