Kundiges
Vraag

06 Sep. 2019

BITTER OOR KINDERS SE ERFPORSIE
Ek is bitter oor dinge wat ná die dood van familielede van my man gebeur het.

Erfgoed wat na my kinders toe moes kom, het nie by hulle uitgekom nie. Nou is ons geskei en ek het geen manier om dit vir hulle te bekom nie. Dit maak my kwaad, want die mense wat ons ­benadeel het, is skynheilig.

Hulle sien neer op my en maak asof hulle reg is. Ek wil nie met hulle praat nie. Ek sal ook nie my eks sover kry om te help nie.

Elke keer wanneer ek daaraan dink, is ek van voor af kwaad.
Antwoord 5 024 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

06 Sep. 2019

Jy het die volste reg om die eksekuteur van die boedel van jou eks se familielede te nader en uit te vind of daar enigiets aan jou kinders in die testament bemaak is.

Jy kan namens jou kinders enigiets opeis wat hulle toekom. As ander mense die erfgoed wederregtelik bekom het, sal jy bes moontlik ’n eis teen hulle moet instel. ’n Prokureur kan jou hiermee help.

As jou pogings nie vrugte afwerp nie, sal jy ’n voorbeeld vir jou kinders moet stel deur jou slegte herinnerings te verwerk. Anders kan jou bitterheid jou kinders beïnvloed en hulle leer om ook wrok­ke te koester.

Dikwels kan ’n mens dit net regkry om van wraaksugtige gedagtes ontslae te raak as jy die mense vergewe wat jy voel jou te na gekom het.

Moenie op ’n verskoning of ’n skuld­erkenning wag om te vergewe nie. Sê gereeld vir jouself dat jy niemand se slag­offer is nie. Stap ter wille van jouself en jou kinders van ou wonde weg.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 328/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.84
+1.4%
Rand - Pond
21.09
+1.0%
Rand - Euro
17.92
+1.3%
Rand - Aus dollar
11.24
+1.4%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Goud
1,766.80
-0.9%
Silwer
22.31
-0.1%
Palladium
1,750.09
+0.3%
Platinum
935.50
-0.1%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,555
-0.4%
Alle aandele
71,021
-0.3%
Hulpbronne 10
67,557
-0.5%
Industriële 25
93,673
-0.4%
Finansiële 15
13,890
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos