Kundiges
Vraag

20 Sep. 2018

GETROUD MET 'N ‘GANGSTER’
Ek is al langer as 20 jaar met ’n sakeman getroud. Sy onderneming het misluk.

Ons het twee kinders op hoërskool en besit saam ’n huis waarop ek nou die verband betaal.

Ek gee hom my salaris en kry geld van hom vir ons behoeftes.

Hy beledig my dikwels en gaan op afsprake met ander vroue.

Ek sorg vir my ma. Wanneer ek hom teëgaan, word ek, my ma en my kinders fisiek aangerand en uitgeskel.

Hoe kan ek hom uit die huis kry? Hy raak ’n regte gangster wanneer hy nie sy sin kry nie.
Antwoord 1 975 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

30 Okt. 2018

Ek is bly jy wil wegkom van hierdie selfsugtige boelie. Dit is ’n onhoudbare, plofbare situasie. 

Maar daar is hoop. Jy verdien jou eie geld; nou moet jy dit net self begin bestuur deur geleidelik jou regte terug te eis. 

Begin deur ’n finansiële konsultant of selfs ’n betroubare skuldberader te spreek sodat jy soveel huishoudelike uitgawes moontlik self kan betaal en minder geld aan hom hoef te gee. 

Jy kan byvoorbeeld die skoolgeld met ’n debietorder betaal. Dis tyd om minder goed te wees vir ander en goed te wees vir jouself – en so almal te help. 

Jy gaan nie op straat beland nie. Die reg erken jou reg om ’n dak oor jou kop te hê. 

En die hof besluit wat jou toekom; nie jou man nie. Moenie sy leuens glo nie. 

Onsekerheid en jare se vrees wat uit die mishandeling spruit, hou jou nou terug. Jy moet hulp soek om jou te bemagtig. 

Geen vrou sit vandag ná ’n egskeiding met net ’n pot en ’n pan nie, veral nie wanneer sy reeds soveel soos jy tot die huwelik bygedra het nie. 

Talle faktore beïnvloed natuurlik wat jy gaan uitkry, soos of julle binne of buite gemeenskap van goedere getroud is. 

’n Prokureur sal jou hieroor kan inlig. 

Veiligheid kom eerste. Hou intussen dagboek van voorvalle van mishandeling en meld fisieke geweld by die polisie aan sodat dit geboekstaaf is. 

Vra jou prokureur oor hoe ’n beskermingsbevel kan werk terwyl jou man nog in die huis woon. 

Teken ook alle huishoudelike uitgawes deeglik aan. Hou alle kwitansies en koopstrokies. 

Moenie hierdie kwessies met jou man aanroer voor jy weet wat jy wil doen en hoe jy dit gaan doen nie.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 328/8
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.85
+1.3%
Rand - Pond
21.09
+1.0%
Rand - Euro
17.93
+1.3%
Rand - Aus dollar
11.25
+1.3%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Goud
1,766.56
-0.9%
Silwer
22.35
+0.1%
Palladium
1,750.61
+0.3%
Platinum
937.00
+0.1%
Brent-ruolie
68.87
-0.5%
Top-40
64,555
-0.4%
Alle aandele
71,021
-0.3%
Hulpbronne 10
67,557
-0.5%
Industriële 25
93,673
-0.4%
Finansiële 15
13,890
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos