Kundiges
Vraag

14 Sep. 2018

G’N ONDERHOUD VAN EKS DOER ONDER
My dogter se eksman het Australië toe getrek. Ons weet waar hy werk. Hy betaal geen onderhoud vir sy twee kinders nie.

Sy kry swaar en het nie geld vir ’n prokureur nie. Het jy raad oor wie ons sal kan help?
Antwoord 956 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

26 Okt. 2018

’n Mens kan beslis ’n onderhoudontduiker vasvat wat spore gemaak het buiteland toe.

Die prosedure daarvoor word in Die Wedersydse Toepassing van Onderhoudbevele (lande in Afrika) Wet 6 van 1989 en in Wet 80 van 1963 beskryf. 

Die laasgenoemde wet maak voorsiening vir ooreenkomste met lande soos Australië. 

Die eerste stap is jou dogter moet na die onderhoudsbeampte by haar plaaslike landdroshof gaan en ’n ondersoek teen haar eks aanvra.

Omdat hy buite ons landsgrense woon, kan so ’n ondersoek in sy afwesigheid gedoen word.

Die hof kan dan ’n voorlopige besoldigingsbevel uitreik; dit beteken die mens wat vir onderhoud gedagvaar word, se werkgewer moet elke maand die bedrag vir onderhoud van sy salaris aftrek en aan die ander ouer betaal. 

’n Afskrif van dié bevel word saam met die nodige dokumente deur die diplomatieke kanale aangestuur na die onderhoudshof in die gebied waar jou gewese skoonseun nou woon. 

Daardie hof sal op sy beurt ondersoek instel. Daarna sal die landdroshof daar die voorlopige bevel van die Suid-Afrikaanse hof hopelik bekragtig.

Die besoldigingsbevel wat hier uitgereik is, kan dan geregistreer word by die hofkantoor in die gebied waar jou gewese skoonseun nou werk. 

’n Ander opsie is dat jou dogter haar gewese man se ouers hier in Suid-Afrika vir onderhoud dagvaar. 

Ook hiermee sal die onderhoudsbeampte haar kan help. Gaan na die departement van justisie se webtuiste by justice.gov.za vir meer inligting hieroor.
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.08
-1.0%
Rand - Pond
19.85
+0.2%
Rand - Euro
16.84
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.18
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-2.0%
Goud
1,816.59
+0.1%
Silwer
21.40
-1.1%
Palladium
2,006.50
-2.4%
Platinum
938.25
-1.9%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos