Kundiges
Vraag

21 Sep. 2018

HOE BLIND IS DIE LIEFDE?
Ek is in ’n verhouding waarvan my twee vriendinne nie hou nie, maar ek weet nie of ek na hulle moet luister nie. Ek dink hulle hou bloot nie van hom nie.

Dis iemand met wie ek eers ses maande lank vriende was, maar met wie ek nou sowat twee maande lank uitgaan.

Hy is ouer as ek, maar dit maak nie vir my saak nie. Moet ek na my vriendinne luister?
Antwoord 3 608 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

30 Okt. 2018

’n Mens luister altyd na jou vriende as dit gaan oor veiligheid, mishandeling of middelafhanklikheid in ’n verhouding, want hulle sien goed raak waarvoor jy blind is. 

So nie moet jou vriendinne se raad nie vir jou die alfa en omega van besluite oor jou verhouding wees nie. 

Luister aandagtig na hul wenke, weeg dit versigtig op teen dit wat jou gesonde verstand sê en doen selfondersoek of jy dit moet volg of nie. 

Bespreek dit, maar onthou deurgaans: jou vriendinne is lief vir jou en dalk nie objektief nie. Put selfvertroue daaruit dat jy en jou maat eers vriende was. 

Dis soveel beter om mekaar te leer ken voor julle leer om mekaar lief te hê. 

Om eers vriende te wees laat jou sy rol in die groter geheel van jou lewe sien.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 225/5
India A 0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.91
+1.0%
Rand - Pond
21.08
+0.8%
Rand - Euro
17.96
+1.2%
Rand - Aus dollar
11.20
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+1.3%
Goud
1,778.72
-0.3%
Silwer
22.25
-1.3%
Palladium
1,791.00
-1.4%
Platinum
929.50
-0.7%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,529
+0.4%
Alle aandele
70,949
+0.2%
Hulpbronne 10
67,416
+1.4%
Industriële 25
93,203
-0.6%
Finansiële 15
14,078
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos