Kundiges
Vraag

15 Okt.

HOE GEMAAK MET LASLAPGESIN?
Ek en my man was albei voorheen getroud en het tienerkinders wat nou in een huis met mekaar moet klaarkom. Ons is al ’n rukkie saam, maar ons is steeds onseker oor wat werk en wat nie werk nie. Die kinders ken mekaar nie. My kinders ken my nuwe man ook nie goed nie en sy kinders ken my nie. Dit maak dissipline moeilik, want nes jy iets opgebou het, gebeur iets wat konflik laat ontstaan en jou van voor af laat bou.
Antwoord 760 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

15 Okt.

Om twee gesinne tot een saamgestelde gesin saam te snoer is ’n ingewikkelde situasie wat goeie bestuur, openlikheid en tyd verg. Dit sal baie help as jy en jou man dieselfde benadering tot ouerskap – en nie net dissipline nie – kan volg.
’n Saamgestelde gesin waarin die kweek van re­spek vir mekaar die hoofwaarde is, gaan veel verder kom as een waar die klem bloot op dissipline val.
Vele nuut saamgestelde gesinne vind daarby baat as albei ouers die huisreëls ferm stel en liefdevol toepas, maar die biologiese ouer verantwoordelikheid aanvaar as dit oortree word en die kinders die ge­volge daarvan moet dra.
Reëls vir jul huishouding is belangrik soos oor watter gedrag aanvaarbaar is en watter strydig is met jul gesin se waardestelsel.
Deur die klem op die opbou van ’n verhouding tussen die kind en die niebiologiese ouer te plaas eerder as bloot op die handhawing van dissipline kan julle verhoudings in die gesin verbeter.
’n Mens moet realisties wees oor hoe innig stiefverhoudings kan wees. Te hoë verwagtinge aan albei kante kan tot teleurstelling lei. Jy kan nie jou stiefkinders dwing om met jou of jou kinders vriende te wees nie en andersom.
Deur onbeskof te wees probeer kinders in saam­gestelde gesinne soms hulself beskerm, maar dis geen verskoning nie. Beleefde verhoudings waarin ­almal veilig voel, berus op respek. Die goue reël is:
Al voel jy geen respek nie, moet jy dit nogtans wys.
Jy en jou man moet saam besluit oor hoe julle in die huis met mekaar en met die kinders praat. Net as julle mekaar en almal in die huis met respek behandel, sal die kinders jul goeie voorbeeld volg.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 239/6
India A 0
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 0
Pakistan 188/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.91
+1.1%
Rand - Pond
21.07
+0.9%
Rand - Euro
17.96
+1.2%
Rand - Aus dollar
11.21
+0.4%
Rand - Jen
0.14
+1.3%
Goud
1,778.35
-0.3%
Silwer
22.28
-1.2%
Palladium
1,774.50
-2.3%
Platinum
929.90
-0.7%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,508
+0.3%
Alle aandele
70,924
+0.2%
Hulpbronne 10
67,219
+1.1%
Industriële 25
93,298
-0.5%
Finansiële 15
14,101
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos