Kundiges
Vraag

14 Sep. 2020

HOE SÊ EK NEE VIR KUIERS?
Ek is ’n jong vrou wat nie kinders het nie, maar almal in my familie hou my graag met hul kinders besig.
Tydens die inperking is dit vir my moeiliker as gewoonlik om nee te sê wanneer mense die kinders vir ’n kuier wil aflaai. Ek voel so onvriendelik. Ek doen graag klein projekte saam met hulle wat ek vooraf beplan en die goedjies voor regkry. Ek wil nie siek word nie. Ek het nie ’n mediese fonds nie en werk van die huis af. Ek sien nie vriende nie en gaan net elke twee weke winkels toe om kos te koop. Hoe sê ek nee sonder dat almal my daaroor verwyt?
Antwoord 4 706 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

14 Sep. 2020

Die inperking het vir ons almal persoonlike groei gebring. Jy was dalk nie altyd so bewus van hoe maklik jy by ander se besluite inval nie. Nou besef jy ’n mens moet kan grense stel, en in die tyd van die virussiekte moet jy dit ook vir jou eie oorlewing doen.
’n Openhartige gesprek kan help wanneer iemand volgende keer laat weet hulle wil ’n spruit by jou kom aflaai. Verduidelik dat sedert die skole heropen het, die blootstelling van kinders aan covid-19 groter as tevore is; daarom is die gevaar dat hulle die virus aan jou kan oordra, ook groter. Dit is geen verskoning nie, maar ’n geldige rede.
Dis veral vir ’n introvert moeilik om nee te sê as iemand haar voor mense ’n guns vra. Voorkoming is in dié geval beter as genesing. Bel of stuur ’n boodskap om te verduidelik hoe belangrik dit vir jou is om protokolle te gehoorsaam. Dalk maak jou woonplek nie voorsiening vir goeie ventilasie nie of dalk is dit moeilik om daar die gesonde, voorgeskrewe afstand van ander te handhaaf. Sê dat jy ook hul kinders in ag wil neem.
Maak seker jy verduidelik ook aan die kinders hoe belangrik dit vir jou is om by die riglyne te hou en dat jy ’n voorbeeld wil stel.
Jul projekte saam hoef nie op te hou nie. Maak ’n video van hoe jy stap vir stap byvoorbeeld ’n handwerk- of kunsprojek aanpak en stuur dit aan. As jy kans sien, gaan laai die benodigdhede af met ’n deurry-groetsessie.
besig om te laai... Regstreeks
Brighton and Hove Albion 1
Chelsea 1
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.54
-1.0%
Rand - Pond
21.12
-0.7%
Rand - Euro
17.59
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.16
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.0%
Goud
1,814.56
-0.3%
Silwer
23.52
+2.1%
Palladium
1,906.50
+1.5%
Platinum
987.00
+1.1%
Brent-ruolie
86.48
+0.5%
Top-40
68,282
-0.9%
Alle aandele
74,956
-0.9%
Hulpbronne 10
74,510
-0.3%
Industriële 25
94,294
-1.4%
Finansiële 15
15,338
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos