Kundiges
Vraag

11 Aug.

IS SY TE JONK VIR OU BOK? 
My vriend is meer as 10 jaar ouer as ek. Hy noem dit telkens. Dit laat my dink hy is nie gemaklik met die ouderdomsverskil nie, al wil hy dit nie erken nie. Die verskil pla my glad nie en ek het dit al baiekeer vir hom gesê. Nou begin ek self twyfel of ons verhouding dit sal deurstaan. Ek gee baie om vir hom, maar moet ek eerder die band verbreek en met my lewe aangaan? Ek wil dit nie doen nie.
Antwoord 3 131 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

11 Aug.

Om ware liefde en iemand met wie jy ’n band kan smee te vind is seldsaam. Jy kan nie net uit onsekerheid daarvan wegstap of omdat ander dalk reken dit is die aangewese ding om te doen nie.
Dit kan ook wees dat die ouderdomsverskil jou vriend nie pla nie, maar dat hy dit telkens noem omdat hy trots is daarop dat hy ’n jonger vrou se hart kon wen.
Moenie aannames hieroor maak nie, maar knoop ’n openhartige gesprek aan wanneer julle albei rustig en ontspanne is. Iets wat julle spesifiek sal moet bespreek, is jul verwagtinge oor jul verhouding se toekoms. Dit sluit ook intimiteit in. Hy kan dalk onseker wees of hy in ’n latere stadium aan jou verwagtinge in die slaapkamer sal kan voldoen.
Probeer hom gerusstel oor wat vir jou belangrik is, veral wat intimiteit en innigheid betref, en hoe jy meen julle so ’n probleem te bowe kan kom.
In ’n verhouding met hierdie ekstra uitdaging is onvoorwaardelike aanvaarding en ondersteuning nog belangriker. Ver­seker hom hiervan en maak seker dat dit wedersyds is.
’n Vraag wat by julle kan opkom, is oor sy versorging as ’n ouer persoon. Dit sal help om realisties hieroor te wees, maar julle hoef nie spoke daaroor op te jaag nie.
’n Goeie manier om ouderdomsver­skille te oorbrug is gedeelde belangstellings. Dit sal beteken dat julle vir mekaar toegewings moet maak.
Moenie toelaat dat wenkbroue wat ander oor julle lig ’n verskil maak aan hoe julle werklik oor mekaar voel nie.
Dit is veel belangriker dat jul doelwitte gesinchroniseer word en dat julle toe­gewyd is aan jul verhouding en aan mekaar.
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 196/1
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Australia 185/2
England 147/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.73
-0.1%
Rand - Pond
20.79
-0.3%
Rand - Euro
17.83
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.28
-0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Goud
1,785.99
+0.2%
Silwer
22.44
+0.1%
Palladium
1,867.47
+0.6%
Platinum
960.04
-0.1%
Brent-ruolie
75.82
+0.5%
Top-40
65,993
0.0%
Alle aandele
72,404
0.0%
Hulpbronne 10
68,624
0.0%
Industriële 25
95,800
0.0%
Finansiële 15
14,289
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos