Kundiges
Vraag

19 Jul. 2019

KIND HUNKER NA AFWESIGE PA
Hoe maak ek met my kind se pa wat haar onderhoud ­betaal, maar nie daarin belangstel om haar aandag en liefde te gee nie?
Antwoord 5 546 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

19 Jul. 2019

Jy is met reg hieroor bekommerd, want as pa’s nie vir hul dogters aandag en liefde gee nie, kan hulle as volwassenes met ’n swak selfbeeld, depressie en selfs eetsteurings sukkel. Die verlies van ’n ouer wat nog leef, kan kinders met ’n ontsettende gevoel van rou en woede laat.

Doeltreffende medeouerskap is nie ­almal beskore nie, maar kyk opnuut na die reëlings oor toesig in die ouerskapsplan wat met jul egskeiding opgestel is.

Onthou, ter wille van jou einddoel is dit die moeite werd om kompromieë aan te gaan. Hiervoor sal jy jou persoon­like verhouding met jou eks, nou of in die verlede, van sy verhouding met jul kind moet skei.

Probeer by hom vasstel of die huidige toesigvoorwaardes verander moet word om hom beter te pas. Dalk sal dit byvoorbeeld vir hom makliker wees om haar tuis te besoek wanneer jy nie daar is nie.

As jy hom dalk nie self wil kontak nie, kan jy ’n tussenganger – soos ’n familielid met wie julle albei op goeie voet is of ’n gemeenskaplike vriend – vra om die saak aan te roer en dit by hom tuis te bring dat jul dogter haar pa in haar lewe nodig het.

Jy kan haar innerlik versterk deur haar te help om haar emosies hieroor te hanteer. Verduidelik vir haar dit is oukei om kwaad of hartseer hieroor te wees en sy is welkom om met jou hieroor te praat. Hou jou antwoorde op haar vrae eenvoudig sonder te veel detail en moenie jou eie gevoelens dramaties verwoord nie.

Waak daarteen om die houding van ’n slagoffer in te neem. Verseker haar die egskeiding was nie haar skuld nie en moenie haar pa in haar teenwoordigheid slegsê nie.

Jy kan gerus goedgunstige lede van sy familie by jul dogter se lewe betrek sodat sy wel ’n verwysingsraamwerk van sy kant het om behoorlik haar identiteit te kan vorm.

Jy kan ook van jou manlike familielede vra om ’n groter rol in haar lewe te speel.
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.22
+0.2%
Rand - Pond
20.57
+0.2%
Rand - Euro
17.17
+0.4%
Rand - Aus dollar
10.91
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,833.23
-0.8%
Silwer
23.77
-0.2%
Palladium
2,362.00
+7.2%
Platinum
1,049.61
+2.0%
Brent-ruolie
88.20
+2.2%
Top-40
67,364
+2.3%
Alle aandele
73,797
+2.1%
Hulpbronne 10
75,253
+3.3%
Industriële 25
91,472
+1.8%
Finansiële 15
14,925
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos