Kundiges
Vraag

03 Mrt. 2020

LEWENSMOEG NÁ TRAUMA
Ek het onlangs ’n groot trauma beleef wat ek nie kan uitstippel nie. Ek voel elke dag oorweldig daardeur en uitermate moeg. Ek weet dit is nie depressie soos ander mense dit ken nie, want ek ken sulke mense en weet tot in watter mate medikasie en behandeling hulle kan help. Dis nie vir my nie. Myne is net ’n vreeslike lewensmoegheid. Asseblief, moenie dink ek is net jammer vir myself nie.
Antwoord 3 382 keer gelees
Kundige
Liewe Elize

03 Mrt. 2020

Daar is geen haas om die emo­sionele gevolge van trauma te verwerk nie. ’n Valse sonskyn­houding gaan jou nêrens bring nie en ’n kitsherstel is nie blywend nie. Ek wil jou tog aanraai dat jy ’n berader spreek as jy nie vir ’n sielkundige kans sien nie.

In tye soos dié moet ’n mens goed wees vir jouself. Dan begin jy na jou lyf luister en begin jy nee sê – nie net vir wat ander van jou verwag nie; ook vir te groot eise wat jy aan jouself stel. As jy enigsins kan, gun jouself ’n middagslapie in die naweek.

Ná enige groot skok hoef ’n mens nie alles soos tevore te probeer doen nie, want bes moontlik het so ’n trauma jou omstandighede verander. Dit help om liewer ’n eiland te skep van waar jy na die lewe kan uitreik wanneer jy so voel.

 Af en toe kan jy ’n vertroueling daar verwelkom teenoor wie jy jou hart kan uitpraat.

Soms is die beste manier om jou lewenslus te herwin om ’n bietjie uit jou omgewing weg te breek. Hou so ’n vakansie eenvoudig sodat jy nie te veel reëlings hoef te tref of te veel moet rondry nie. ’n Kuier by ’n vertroueling wat jou laat begaan, kan salf vir die gemoed wees.
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/10
Sri Lanka 397/10 & 39/2
Rand - Dollar
16.08
-1.0%
Rand - Pond
19.85
+0.2%
Rand - Euro
16.84
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.18
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-2.0%
Goud
1,816.59
+0.1%
Silwer
21.40
-1.1%
Palladium
2,006.50
-2.4%
Platinum
938.25
-1.9%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos